Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Gibbs (43) wil terugkeer na topvlak
Herschelle Gibbs. Foto: Gallo Images

Die voormalige Protea-aanvangskolwer Herschelle Gibbs het ná sy terugkeer in ’n klubwedstryd die naweek nou ook planne om weer op topvlak te speel.

Die 43-jarige Gibbs het Saterdag ’n terugkeer tot die spel in ’n klubwedstryd vir Pinelands in ’n B1-ligawedstryd teen Hottentots-Holland gemaak.

Nou praat hy daarvan om ook driedag- en eendagkrieket op topvlak te speel.

“Ek kort wedstrydtyd, so hopelik kan ek solank vir die amateurspan (WP) speel,” sê Gibbs.

Hy het Saterdag 22 lopies aangeteken, wat twee sesse ingesluit het, en was ook in sy noppies met sy twee vangskote.

“Lieflik om weer betrokke te wees, twee goeie vangskote en 22 lopies, maar het ’n begin gemaak, wat belangrik is,” het Gibbs op Twitter geskryf.

Lieflik om weer betrokke te wees, twee goeie vangskote en 22 lopies, maar het ’n begin gemaak, wat belangrik is.
Herschelle Gibbs

Pinelands het ’n totaal van 121 gejaag en Gibbs het met die val van die eerste paaltjie ingestap.

Hy en die aanvangskolwer Tertius Raubenheimer het ’n vennootskap van meer as 50 lopies aangeteken, waarna Gibbs volgens diep in die dekveld gevang is. 

“So goed om weer in die middel te kon wees,” het Gibbs getwiet.

Hy was laas in Februarie verlede jaar in ’n mededingende wedstryd betrokke toe hy vir die Leo Lions in die Meesters-T20-kampioeneliga in die Verenigde Arabiese Emirate gespeel het.

Gibbs het die Suid-Afrika-A-span vanjaar as kolfkonsultant in die driehoekige eendagreeks teen Indië en Afganistan se naasbestes bygestaan.

Hy is daarna as afrigter na Afganistan vir dié land se plaaslike T20-reeks. Hy het die Speen Ghar Tigers in September daar bygestaan, maar dit ná ’n selfmoordbomaanval buite die krieketstadion laat staan en teruggekeer na Suid-Afrika.

Gibbs het in sy speeldae vir die Proteas tussen 1996 en 2010 byna 15 000 lopies in 90 toetse, 248 eendagwedstryde en 23 T20-wedstryde aangeteken.

Meer oor:  Herschelle Gibbs  |  Krieket
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.