Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Herschelle Gibbs gaan in Afganistan afrig

Die voormalige Protea-kolwer Herschelle Gibbs het ’n pos as ’n afrigter in Afganistan se T20-kriekettoernooi gekry.

Herschelle Gibbs Foto: Gallo Images

Die Sphageeza Cricket League begin Dinsdag in Kaboel.

Gibbs gaan aan die stuur van die Speenghar Tigers wees.

Die voormalige kaptein van Pakistan Shahid Afridi sal die span aanvoer.

Gibbs en Afridi het destyds saam vir die Deccan Chargers in die Indiese Premierliga gespeel.

Gibbs het die Suid-Afrikaanse A-span onlangs as kolfkonsultant in die driehoekige eendagreeks teen Indië en Afganistan se naasbestes bygestaan.

Hy het aan sportstarlive.com bevestig hy gaan die Tigers touwys maak en dat hy baie na die taak uitsien om hulle af te rig.

Internasionale spelers van Pakistan, Bangladesj en die Wes-Indiese Eilande gaan luidens berigte in die toernooi in aksie wees. – Sportredaksie

Meer oor:  Herschelle Gibbs  |  Krieket  |  Sport
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.