Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Gibbs-hulle se onderhoude Donderdag

Herschelle Gibbs sal die Indiese ad hoc-paneel wat die nuwe afrigter vir dié land se vroue-krieketspan aanwys, Donderdag te woord staan.

Gaan Herschelle Gibbs laast lag? Foto: Gallo Images

Die voormalige Protea-aanvangskolwer het die kortlys gehaal en het bevestig dat hy via Skype sy onderhoud sal voer.

Voormalige spelere soos Kapil Dev, Anshuman Gaekwad en Shantha Rangaswamy sal die kandidate ondervra.

Die 44-jarige Gibbs het Suid-Afrika A voorheen as kolfkonsultant bygestaan. Hy het Koeweit afgerig en was die breier van die Rajputs in Desember in die T10-liga in die Verenigde Arabiese Emirate.

Hy was ook die Balkh Legends se afrigter in die Afganistanse Premierliga, sowel as die breier van die Speen Ghar Tigers in Afganistan se vorige plaaslike T20-toernooi.

Gibbs is in die duister of sy voormalige aanvangsmaat by die Proteas Gary Kirsten, ook nog op die kortlys is.

Vroeër vandeesweek is berig Kirsten kan nie vir die pos oorweeg word nie, omdat hy nie sy pos as afrigter van die Royal Challengers Bangalore wil laat vaar nie.

Volgens cricinfo.com is Kirsten wat die nasionale spanne van Indië en die Proteas afgerig het, steeds op die kortlys.

Die waarnemende afrigter, Ramesh Powar, se termyn van drie maande het verstryk. Hy is ook een van die aanvanklike 28 aansoekers wat die kortlys gehaal het.

Brad Hogg, Dimitri Mascarenhas, Trent Johnston, Venkatesh Prasad, Manoj Prabhakar, Mark Coles en WV Raman is glo ook op die kortlys.

Die suksesvolle kandidaat sal vir twee jaar aangestel word.

Meer oor:  Herschelle Gibbs  |  Vrouekrieket
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.