Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Gibbs pak tasse as om te praat, land as afrigter
Herschelle Gibbs is op die laaste nippertjie as ’n afrigter in Sri Lanka se plaaslike T20-liga aangestel. Foto: Gallo Images

Herschelle Gibbs was op pad na Sri Lanka om hom by ’n televisiespan daar vir die Lanka Premierliga (LPL, ’n T20-kompetisie) aan te sluit, maar is op reis soontoe as afrigter van die Colombo Kings aangestel.

Dit is omdat die Kings se afrigter, Kabir Ali, positief vir die koronavirus getoets is, laat weet Gibbs.

“Dis pragtig hoe dinge vir my uitgewerk het,” sê die 46-jarige Gibbs.

Dié voormalige Protea-kolwer sê hy is voor sy vlug uit Johannesburg na Sri Lanka genader oor die moontlikheid om die span af te rig. Al die verdere reëlings is getref terwyl hy via Katar na Sri Lanka gevlieg het.

IPG, wat my gehuur het om kommentaar te doen, was baie tegemoetkomend en het my toegelaat om uit my kontrak te kom sodat ek kan afrig.
Herschelle Gibbs

“IPG, wat my gehuur het om kommentaar te doen, was baie tegemoetkomend en het my toegelaat om uit my kontrak te kom sodat ek kan afrig.”

Volgens Gibbs het hy uiteraard nie gedink hy gaan afrig toe hy sy tasse tuis gepak het nie en het hy meestal drag vir sy kommentaarwerk saamgeneem.

“Ek hou gelukkig daarvan om in die gimnasium te oefen. So ek het darem oefendrag saamgeneem en verwag ook nog uitrusting wat vir my aangestuur sal word.”

Gibbs se Kings begin die toernooi op 26 November in Hambantota teen die Kandy Tuskers. Al 23 wedstryde word in net 15 dae daar beslis.

Chris Gayle

Die Tuskers se Chris Gayle is een van ’n handvol internasionale spelers wat hulle reeds aan die LPL onttrek het.

Die Kings se Kanadese kolwer, Ravinderpal Singh, is ook positief vir die koronavirus getoets met sy aankoms en sal ’n paar dae in afsondering deurbring.

Die draaibouler van Sri Lanka Rangana Herath het volgens islandcricket.lk vir Chaminda Vaas vervang as die Kings se hulpafrigter nadat Vaas weens persoonlike redes onttrek het.

Die Suid-Afrikaanse snelboulers Kyle Abbott en Duanne Olivier speel vir die Jaffna Stallions.

Meer oor:  Herschelle Gibbs  |  Chris Gayle  |  Sri Lanka  |  Suid-Afrika  |  Krieket  |  Kings  |  Afrigter  |  Psl
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.