Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Gibbs word Rotterdam-breier

Die voormalige Protea-kolwer Herschelle Gibbs, wat ses sesse in ’n boulbeurt teen Nederland in 2007 se Wêreldbeker-toernooi gemoker het, gaan nou ’n franchise van Nederland in die nuwe Euro T20 Slam-afrig.

Herschelle Gibbs. Foto: Gallo Images

Hy het bevestig hy gaan die Rotterdam Rhinos se hoofafrigter wees en dat hy Woensdag na Londen vir die spelerstrekking vertrek.

Die nuwe T20-krieketreeks begin op 30 Augustus met ’n wedstryd tussen Gibbs se Rhinos in Amsterdam en die Amsterdam Knights.

Ses franchises uit Nederland, Ierland en Skotland is in aksie. Die twee spanne van Skotland is die Edinburgh Rocks en die Glasgow Giants, terwyl die Dublin Chiefs en Belfast Titans die Ierse spanne is.

Die spelerstrekking word volgens et20s.com Vrydag in Londen gehou word.

Sowat 700 spelers van 22 lande het vir die reeks geregistreer.

Die ikoonspelers is Martin Guptill, Brendon McCullum, Eoin Morgan, Shahid Afridi, Shane Watson en Rashid Khan, terwyl Suid-Afrika se Dale Steyn, Imran Tahir en JP Duminy van die topvlakspelers is. 

Meer oor:  Herschelle Gibbs  |  Euro T20 Slam
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.