Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
‘G’n politieke inmenging in WB-groep’

Daar is gesoek na spelers wat op die krieketveld vir hul land sal sterf.

Dít is hoe Chris Nenzani, president van Krieket Suid-Afrika (KSA), die groep beskryf wat vir die Wêreldbeker-toernooi in Engeland later vanjaar gekies is.

“Ons wil wen, maar ons wil ook die toeskouers vermaak,” sê Nenzani.

Chris Nenzani, president van Krieket Suid-Afrika, antwoord Donderdag vrae oor die Proteas se Wêreldbekergroep, wat in Johannesburg aangekondig is. Foto: Gallo Images

Faf du Plessis, die kaptein, sê dit gaan Suid-Afrika se spesiale oomblik in die son wees.

“Ons sien die wêreld deur mekaar se oë. Ons wil ons Wêreldbeker-storie herskryf en ons passie uitleef. Ons wil met ons vertonings ons land in ’n beter plek laat,” sê hy.

Thabang Moroe, die uitvoerende hoof van KSA, sê daar is gesmag na ’n kaptein soos Du Plessis.

“Ons het ook ’n vreeslose speler in Quinton de Kock.

“Ek kan die versekering gee dat die span gekies is sonder enige vrees vir inmenging van politici,” sê hy van die groep van 15 wat uit agt wit spelers en sewe van kleur bestaan.

Dit is die kwota wat in die afgelope paar WB-toernooie gegeld het, maar Moroe sê dit was nooit eens ’n oorweging hoeveel spelers van kleur gekies moes word nie.

“Dit was nooit iets wat in gedagte gehou is nie. Ons het bloot na die vaardighede van die spelers gekyk. As die gehalte van die drie etniese swart spelers in die groep in gedagte gehou word, sal hulle enige span in die toernooi haal.

“Niemand moet op enige manier probeer om betrokke by die samestelling van die span te raak nie,” sê Moroe.

Ek kan die versekering gee dat die span gekies is sonder enige vrees vir inmenging van politici.
Thabang Moroe

“Dit is ook belangrik dat ons drie spelers in die groep het wat ’n paar jaar gelede by die verowering van die Junior Wêreldbeker betrokke was. Aiden Markram, Andile Phehlukwayo en Kagiso Rabada was toe die SA jonges se helde. Hulle is spelers wat onder druk kan presteer,” sê hy.

Moroe glo elke Suid-Afrikaner moet sy steun aan die span gee. “Sport in hierdie land bring ons almal bymekaar,” reken Nenzani.

Linda Zondi, die keurderbaas, sê dit was ’n reis van 16 maande om by die aankondiging van die groep uit te kom.

“Ons het na verskillende kombinasies gekyk en daar is sewe spelers in die groep wat al in ’n Wêreldbeker-toernooi was, terwyl daar agt nuwelinge is. Dit wys hoe sterk die plaaslike reeks is en hoe spelers kan deurkom.

“Toe Ottis Gibson die afrigter geword het, het hy met sy eie filosofie gekom om aanvallende krieket met baie selfvertroue te speel. Ons sou beslis nie spelers gekies het wat ons meen nie gereed is nie,” verseker hy.

Proteas
Meer oor:  Wêreldbekerkrieket  |  Chris Nenzani  |  Thabang Moroe  |  Proteas  |  Linda Zondi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.