Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
G’n voorskrif oor transformasie, maar . . .

Hoewel daar geen gedwonge transformasie-voorskrifte vir spanne in die nuwe plaaslike hoëprofiel-T20-reeks is nie, verwag Krieket Suid-Afrika (KSA) dat die franchises nogtans daarop sal let.

Haroon Lorgat. Foto: Gallo Images

Spaneienaars van die T20 Global Destination League (GDL) sal georiënteer word ten opsigte van die land se transformasie-doelwitte en KSA se eie filosofie daaromtrent. KSA verwag dat die franchises dit sal ondersteun. Dit kan volgens die krieketliggaam in franchises se belang wees en hul waarde verbeter.

Die enigste voorskrif aan spaneienaars wat miljoene gaan opdok om ’n franchise te besit, is dat hul spanne twee groentjies moet bevat wat o.23 is en wat nog nie vir Suid-Afrika gespeel het nie.

Die groepe van 17 spelers mag vier buitelanders kontrakteer.

’n Protea-ikoonspeler en een internasionale ikoonspeler sal vir die eerste jaar aan elk van die spanne toegeken word. Die Protea-speler sal waar moontlik ingedeel word by sy tuisstreek.

Haroon Lorgat, die uitvoerende hoof van Krieket Suid-Afrika (KSA), het verklap dat die Suid-Afrikaanse reeks ’n benydenswaardige groepie internasionale spelers het wat aan die spanne toegewys gaan word. Die name van dié agt internasionale spelers word reeds vandeesweek onthul.

Die franchise-groepe sal dan deur ’n loting vir spelers op 29 Julie aangevul word.

Plaaslike en buitelandse spelers kon reeds van Vrydag af vir die loting registreer. Dié aansoeke moet voor 31 Mei ingehandig word.

KSA het Maandag aangekondig dat al 11 krieketvelde in die land in aanmerking is om van die wedstryde te huisves. Die velde is Bolandpark, Buffalopark, die Diamant-ovaal, Kingsmead, Mangaung-ovaal, Nuweland, Senwes Park, SuperSport Park, St. Georgepark, die Wanderers en Willowmoorepark.

Die spaneienaars kan kies waar hulle hul wedstryde wil speel. Indien twee eienaars dieselfde veld in oog het, sal ’n komitee die meriete daarvan beoordeel.

Die proses van spaneienaarskap is reeds aan die gang.

Die sluitingsdatum daarvan is 28 April.

Die GDL word van 4 November tot 16 Desember beslis.

Meer oor:  T20
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.