Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Goeie dag vir Windies se Jason Holder

Jason Holder kon nie Donderdag vir ’n beter dag se toetskrieket gevra het nie.

Jason Holder, kaptein van die Wes-Indiese Eilande vier sy ses paaltjies teen Engeland in Southampton. Foto: Reuters

Die Wes-Indiese krieketkaptein het nie net die beste ontleding van sy loopbaan (6/42) behaal nie, maar hy het ook drie keer gevra dat die TV-skeidsregter ’n beslissing moet verander en die TV-skeidsregter het elke keer met dié hemelbesem saamgestem.

Engeland is net voor die teepouse op dag twee van die eerste toets teen die Windies in Southampton vir 204 uitgeboul. Die Windies het toe 57/1 bereik toe swak lig spel vroeg beëindig het.

Dit is die sesde keer in die laaste nege toetse dat Holder vyf paaltjies in ’n beurt laat kantel het.

Nadat reën op die eerste dag slegs 17 boulbeurte se spel moontlik gemaak het, was daar Donderdag net een kort reënonderbreking net ná die middagete.

Die enigste werklike weerstand wat die Engelse kolwers gebied het, was die vennootskap van 74 om die sesde paaltjie tussen Ben Stokes (43) en Jos Buttler (35).

Shannon Gabriel (4/62) het goeie ondersteuning aan Holder gelewer.

• TELKAART

Meer oor:  Dag 2  |  Wes-Indiese Eilande  |  Jason Holder  |  Toetskrieket  |  Windis  |  Engeland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.