Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Gogga kry afrigterspos by Grens

Die voormalige Protea-draaibalbouler Paul (Gogga) Adams is as die Grens-krieketspan se afrigter vir die komende seisoen aangestel.

Paul Adams is Grens se nuwe krieketafrigter. Foto: Gallo Images

Adams (44) het die Proteas in sy speeldae in 45 toetse en 24 eendagwedstryde verteenwoordig.

Ná sy speeldae was hy ook die afrigter van die Cape Cobras.

Hy het vroeër ook aansoek gedoen om Noord-Kaap af te rig, maar Mark Charlton van Noordelikes het dié pos gekry.

Adams sê die streek het legendariese spelers opgelewer en hulle sal nou nog plaaslike helde daar wil ontwikkel.

Adams het ’n vlak 4-afrigtingsertifikaat. Hy sal op 1 Junie inval.

• Allan Donald, die Knights se afrigter, is in Windhoek, waar hy Namibië se spelers en opkomende spelers op ’n witbal-oefenkamp bystaan.

Pierre de Bruyn, ’n voormalige speler van die Titans en Dolphins, is deesdae die buurland se hoofafrigter.

Donald, voormalige boulafrigter van die Proteas wat verskeie internasionale spanne al bygestaan het, sal na die boulers omsien op die kamp wat tot Dinsdag duur.

Ondersteuners en die media sal volgens cricketnamibia.com Saterdag se oefensessie by die Wanderers in Windhoek kan bywoon.

Die Eagles van Namibië gaan in Junie in ’n driehoekige reeks teen Skotland en Nepal speel. Hulle speel in Augustus teen die Titans en dan in Oktober in die T20-Wêreldbeker-toernooi, wat voorlopig in Indië geskeduleer is. – Sportredaksie

Meer oor:  Goggo Adams  |  Krieket  |  Grens  |  Krieketafrigter  |  Paul Adams
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.