Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Goue dubbel wink vir Engeland

Engeland se krieketspan moet die beste maak van die gulde kans wat hy vanjaar het om die Wêreldbeker op tuisbodem te wen en ook die reeks om die As te herwin, sê Ashley Giles, dié land se nuwe direkteur van krieket.

Die voormalige Engelse draaier Ashley Giles, wat nou dié land se direkteur van krieket is, Woensdag by Lord’s in Londen. Foto: Getty Images

Engeland het nog nooit die Wêreldbeker-toernooi oor 50 boulbeurte gewen nie, maar die span sal hope selfvertroue hê wanneer die toernooi in Mei begin ná reeksoorwinnings oor Sri Lanka, Indië, Australië en Nieu-Seeland in 2018.

Die toetsspan is met 4-0 geklop in die laaste reeks om die As in Australië, maar Giles glo hulle kan op tuisbodem in Augustus en September terugslaan en die gesogte kruik weer hulle s’n maak teen dié aartsvyand.

“Ek glo ons kan die Wêreldbeker en die reeks om die As wen. Hierdie jaar bied ons die beste kans in jare,” sê Giles, wat sedert Desember die pos beklee.

“In die verlede het ons met die Wêreldbeker-toernooie deur ’n tydperk van verandering gegaan en was ons nooit regtig goed voorbereid nie, maar hierdie keer is dit nie die geval nie.”

Giles, wat by Andrew Strauss oorgeneem het wat sy vrou in haar laaste dae bygestaan het met haar stryd teen kanker, het sy voorganger geloof vir sy bydrae om Engeland se eendag-krieketspan weer op peil te kry.

Engeland, wat by die vorige Wêreldbeker-toernooi reeds in die groepfase uitgeskakel is ná ’n nederlaag teen Bangladesj, is nou die voorste land op eendagkrieket se wêreldranglys.

“Ek dink die fokus op witbal-krieket is ’n stap in die regte rigting,” reken Giles.

“Ek was van 2012 tot 2014 betrokke in ’n afrigtingshoedanigheid en toe het witbal-krieket tweede viool gespeel teenoor toetskrieket.

“Andrew het die balans reggekry en die uitslae is duidelik. Ek dink dit moes bitter moeilik vir hom gewees het om die pos waaraan hy so hard gewerk het net te laat vaar so kort voor die Wêreldbeker.”

Engeland toer nou na die Wes-Indiese Eilande waar drie toetse, vyf eendagstryde en drie T20-kragmetings gespeel gaan word. – Reuters

Meer oor:  Toetskrieket  |  Ashley Giles  |  Engeland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.