Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Graeme in voortgesette gesprekke

Die voormalige Protea-kaptein Graeme Smith het bevestig hy onderhandel steeds met Krieket Suid-Afrika oor die pos van direkteur van krieket, maar is steeds bekommerd oor 'n aantal aspekte rakende die posisie.

Smith (38) het Maandag op Twitter die stilswye verbreek nadat oor die naweek berig is dat hy en Krieket Suid-Afrika weer onderhandel en dat hy die pos binnekort kan aanvaar.

Graeme Smith. Foto: Getty Images

Smith het bevestig die gesprek is weer aan die gang.

Hy het egter nog nie tot enigiets ingestem nie. Daar is steeds dinge wat pla wat hy weer aan die betrokkenes sal stel.

Die Sunday Times het Sondag berig Smith oorweeg dit weer om dié pos op te neem en dat sy kontrak tot einde 2023 tot ná die Wêreldbeker-toernooi in Indië sal strek.

Smith het na wat verneem word in beginsel daartoe ingestem, maar het soos hy dit Maandag gestel het, nog sy bedenkinge.

“Ek is in teenstelling met mediaberigte nie deur die KSA as direkteur van krieket aangestel nie.

“Ek het, soos voorheen gemeld, my aansoek onttrek.

“Ek is egter in deurlopende besprekings met die KSA, maar ek het steeds ware kommer oor dinge, wat ek aan hulle herhaal het,” het Smith op Twitter geskryf.

Smith se kontrak lê na wat verneem word by sy regsmense.

Smith het hom vroeër onttrek omdat hy gevoel het dat hy nie genoeg vryheid en ondersteuning sou kry om met die nodige veranderinge by die KSA te begin nie.

Thabang Moroe, uitvoerende hoof van Krieket Suid-Afrika, het Maandagoggend op 702 gesê hulle het nog nooit so ’n pos – direkteur van krieket – gehad nie en hulle wil seker maak hulle maak die regte aanstelling.

Dis volgens hom die rede vir die gesloer met die aanstelling.

Moroe het onthul hy persoonlik het Smith vroeër genader om aansoek te doen.

Hy het gesê dit is ongelukkig dat Smith vroeër sy bedenkinge oor dinge gehad het.

“Dis waaroor ons sit, ons moet dit gaan vasstel (wat hom gepla het).

Moroe sê daar was geen inmenging – iets wat Smith glo vrees – in die tyd waarin Corrie van Zyl as direkteur waargeneem het nie.

Meer oor:  Graeme Smith  |  Suid-Afrika  |  Krieket Suid-Afrika
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.