Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
‘Graeme net wat SA krieket nodig het’

Die voormalige Engelse krieketkaptein Michael Vaughan sê dis ’n jammerte dat Graeme Smith nie carte blanche kon kry om Suid-Afrikaanse krieket reg te ruk nie.

Graeme Smith en Michael Vaughan in 2017 in Nottingham, waar hulle kommentaar gelewer het oor die Proteas se toets teen Engeland op Trent Bridge. Foto: Getty Images

Dít volg nadat die 38-jarige Smith, voormalige kaptein van die Proteas, hom Donderdag onttrek het as ’n kandidaat om Krieket Suid-Afrika se direkteur van krieket te word.

Hy het in ’n verklaring gesê hy voel net dat hy nie genoeg vryheid en ondersteuning sou kry om met die nodige veranderinge te begin nie.

Engeland het vroeër dié roete gevolg deur eers vir Andrew Strauss en toe vir Ashley Giles, ook ’n oud-speler, as besturende direkteur te betrek.

Vaughan het op Twitter uitgevaar omdat Smith volgens hom “presies is wat SA krieket nodig het.”

Sommige kenners meen Mark Boucher se kanse om die Proteas se afrigter te word, is nou ook daarmee heen met Smith wat nie by KSA betrokke sal wees nie.

Smith was glo saam met Corrie van Zyl, Dave Nosworthy en Hussein Manack op die kortlys. – Sportredaksie


Meer oor:  Graeme Smith  |  Krieket  |  Proteas  |  Michael Vaughan
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.