Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Graeme Smith vrees vir David Warner se ego

David Warner moet sy ego in toom hou wanneer hy sy terugkeer vir Australië maak, want hy is nie meer ’n onmisbare deel van die span nie, meen die voormalige Proteas-kaptein, Graeme Smith.

a
David Warner vertoon uitstekend in die Indiese Premierliga. Foto: AP

Warner (32) is verlede jaar in Maart vir 12 maande uit internasionale krieket geskors weens sy aandeel in die balpeuterskandaal in Suid-Afrika.

Die omstrede openingskolwer het sover in ses wedstryde in die Indiese Premierliga 349 lopies vir die Sunrisers Hyderabad gemoker, wat ’n honderdtal en drie vyftigtalle insluit. Hy sal na verwagting in die Aussies se groep ingesluit word vir die Wêreldbekertoernooi wat op 30 Mei in Engeland begin.

“Ek dink op die oomblik het hy Australiese krieket meer nodig as wat hulle hom benodig,” sê Smith.

“Hy is baie gedrewe – ek dink hy wil goed vertoon, hy wil sy waarde weer onderstreep en ek dink David Warner in daardie posisie is waarskynlik ’n goeie ou om deel van jou spanomgewing te hê.

“Maar die probleem is is sodra hy begin groter raak as almal anders, dit is waarskynlik waarvoor die spanbestuur hulself moet gereed maak.

PERTH, AUSTRALIA - NOVEMBER 04: Graeme Smith comme
Graeme Smith het lof en kritiek vir Warner. Foto: Getty Images

“Ouens soos (afrigter Justin) Langer en wie ook al die span aanvoer moet seker maak hulle beheer die situasie en bestuur daardie ego so goed as moontlik.”

Warner, geïdentifiseer as die meesterbrein agter die balpeutery, gaan ook gebuk onder kritiek vir sy aggressiwiteit op die veld, veral wanneer hy teenstanders 

verbaal aanval (sledging).

“Hy was nog altyd ’n merkwaardige krieketspeler,” sê Smith.

“Hy kolf met daardie gedrewe natuur, daardie intensiteit, daardie ego om goed te vertoon.”

Maar, behalwe vir sy deugde met die kolf, het Warner ook ’n talent om mense verkeerd op te vryf, aldus Smith.

“Hy is maar net daardie tipe ou.”

– Reuters

Meer oor:  David Warner  |  Graeme Smith  |  Wêreldbekerkrieket  |  Eendagkrieket  |  Balpeutery  |  Ipl
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.