Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Groentjie boul Indië deurmekaar

’n Groentjie met die naam Jhye Richardson het Australië Saterdag in staat gestel om die eerste eendagwedstryd teen Indië met 34 lopies in Sydney te wen.

SYDNEY, AUSTRALIA - JANUARY 12: Jhye Richardson of
Jhye Richardson se vreugde ken geen perke nie nadat hy Virat Kohli se paaltjie ingepalm het. Foto: Getty Images

Die 22-jarige Richardson, ’n snelbouler, het 4/26 in Indië se kolfbeurt platgetrek om die besoekers tot 254/9 in 50 boulbeurte te help beperk.

Dit nadat die Aussies die loot gewen en besluit het om eerste te kolf en 288/5 in hul 50 boulbeurte aangeteken het. Behalwe vir die tuisspan se aanvangskolwers, Alex Carey (24, 31 b) en Aaron Finch (6, 11 b), het die res van die kolwers almal goeie bydraes met die kolf gelewer.

Peter Handscomb (73, 61 b), Usman Khawaja (59, 81 b) en Shaun Marsh (54, 70 b) het almal vyftigtalle behaal. Indië het met die aanvangskolwer Rohit Sharma aan die spits so byna daarin geslaag om die teiken te bereik. Sharma se 133 van 129 balle het 10 viere en ses sesse ingesluit.

Toe hy egter in die 46ste boulbeurt deur Glenn Maxwell van die boulwerk van Marcus Stoinis af uitgevang is, was die skrif vir alle praktiese doeleindes aan die muur vir die besoekers.

Richardson, wat in slegs sy vyfde eendagwedstryd vir die Aussies gespeel het, het in die vierde boulbeurt sy eerste slagoffer geëis toe hy die gevaarman Virat Kohli gekry het. Dié Indiese gevaar kon slegs drie lopies aanteken. 

Kohli, Indië se kaptein, het nie ná die tyd doekies omgedraai oor sy span se vertoning nie. “Ek dink Rohit het uitstekend gespeel, terwyl MS (Dhoni, 51 lopies van 96 balle) hom goed ondersteun het. Ons kon  beter gedoen het om die tempo van die spel te beheer. Omdat ons dit nie kon doen nie, het ons verloor.”

Die tweede wedstryd in die reeks van drie word Dinsdag in Adelaide beslis. – Sportredaksie, Reuters

Meer oor:  India  |  Krieket  |  Virat Kohli  |  Australia
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.