Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Groot fout met jong Proteas, sê Jet
Ray Jennings. Foto: Gallo Images

“Daar is duidelik groot fout by hierdie Suid-Afrikaanse span.”

Ray Jennings, die voormalige Suid-Afrikaanse o.19-afrigter het Maandag só gereageer nadat die jong Proteas Sondag op vernederende wyse deur Namibië uit die Wêreldbeker-toernooi vir o.19’s in Bangladesj geboender is.

Jennings was die breier van dié SA span wat twee jaar terug as wêreldkampioen gekroon is.

“Die formule wat gebruik is deur die keurders om die span te kies en ook wat gebruik is om die afrigter (Lawrence Mahatlane) te kies, het duidelik nie gewerk nie,” het Jennings gesê.

“Die blyk dat die span nie reg voorberei is vir die toernooi nie en die motivering skiet gewis tekort. Dieselfde foute word die heeltyd gemaak en planne word nie reg geïmplementeer nie.

“Nadat ek vir agt jaar my alles vir die o.19-span gegee het, is dit vir my hartseer om te sien wat nou van die span geword het. Dit is ook frustrerend dat ek die afgelope twee jaar geen insette kon lewer nie,” het Jennings gesê.

Jennings het ironies genoeg aan die begin van die jaar met Namibië gewerk by die hoëprestasiesentrum van die Universiteit van Pretoria.

“Pierre de Bruyn het met hulle gewerk en my gevra om te kom hand bysit en die Namibiese spelers toe te spreek. Ek het hulle met raad bedien oor hoe hulle ’n wedstryd soos hierdie teen Suid-Afrika moet benader.

“Jy kon sien behalwe groot harte het hierdie outjies nie veel anders gehad om te bied nie. Nie in my wildste drome sou ek kon glo Suid-Afrika sou teen Namibië verloor nie,” sê hy.

Die Proteas het sedert hy die WB-toernooi in 2014 in Doebai gewen het, ’n nagmerrie beleef.

Die Suid-Afrikaners het 18 van hul 21 amptelike eendagwedstryde verloor. Hulle het ’n reeks teen Engeland met 0-5 verloor, en het verlede jaar in weg- en tuisreekse teen Bangladesj met 3-12 vasgeval.

Maar die laagtepunt was Sondag se vernedering teen Namibië.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.