Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Hamza lei SA A-span in Zimbabwe

’n Paar spelers wat hulself ongelukkig kan ag dat hulle nie die Protea-groep vir die reeks van twee toetse teen die Wes-Indiese Eilande gehaal het nie, kry in Junie ’n kans om die keurders te wys wat in hulle steek.

Zubayr Hamza sal die SA A-span in Zimbabwe aanvoer. Foto: Gallo Images

Spelers soos Raynard van Tonder, Glenton Stuurman en Lutho Sipamla, wat almal ’n kans gestaan het om die toetsgroep te haal, is by die SA A-span ingesluit, wat Zimbabwe in twee vierdagwedstryde in Harare gaan pak. Die vierdagspan sal deur Zubayr Hamza aangevoer word, wat self aan die begin van 2020 nog ’n eerstekeuse-toetsspeler was.

Theunis de Bruyn is by die groep vir die twee vierdagwedstryde in Junie ingesluit. Hy is ook in die groep vir die vier eendagwedstryde, wat op 29 Mei begin.

Proteas soos Dwaine Pretorius, Andile Phehlukwayo, Janneman Malan, Sisanda Magala en Reeza Hendricks sal in die eendagreeks ’n kans kry om te slyp vir die Proteas se T20-reeks teen die Windies in die Karibiese Eilande. – Sportredaksie

SA A-eendaggroep: Ryan Rickelton, Janneman Malan, Reeza Hendricks, Zubayr Hamza, Tony de Zorzi, Dwaine Pretorius, Andile Phehlukwayo, Sisanda Magala, Junior Dala, Lutho Sipamla, Senuran Muthusamy, Daryn Dupavillon, Glenton Stuurman, Theunis de Bruyn, Wihan Lubbe, Sinethemba Qeshile.

SA A-vierdaggroep: Dominic Hendricks, Eddie Moore, Zubayr Hamza, Raynard van Tonder, Theunis de Bruyn, Senuran Muthusamy, Sinethemba Qeshile, Miguel Pretorius, Daryn Dupavillon, Glenton Stuurman, Lutho Sipamla, Dayyaan Galiem, Okuhle Cele, Tony de Zorzi, Ryan Rickelton, Tshepo Ntuli.

SA A-toer na Zimbabwe:

29 Mei, 1ste eendagwedstryd, Harare

31 Mei, 2de eendagwedstryd, Harare

2 Junie, 3de eendagwedstryd, Harare

4 Junie, 4de eendagwedstryd, Harare

6-10 Junie, 1ste vierdagwedstryd, Harare

13-16 Junie, 2de vierdagwedstryd, Harare.

Meer oor:  Zubayr Hamza  |  Suid-Afrika A-Span  |  Zimbabwe  |  Proteas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.