Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Hansie, Kallis was beste van SA – Warne
Shane Warne. Foto: Getty

Hansie Cronjé en Jacques Kallis was die beste Suid-Afrikaanse kolwers na wie hy geboul het, sê Shane Warne, die legendariese bybreekbouler van Australië.

Warne het ’n lysie gemaak van kolwers van elke toetsspelende land wat in sy loopbaan vir hom ’n groot uitdaging gebied het.

Hy is tydens die huidige toetsreeks tussen Pakistan en Engeland, waar hy as kommentator betrokke is, gevra om die beste kolwers te noem teen wie hy geboul het in sy loopbaan van 15 jaar.

Dit was nie vir hom moeilik om Sachin Tendulkar by Indië en Brian Lara by die Wes-Indiese Eilande uit te sonder nie, maar hy kon in Suid-Afrika nie eintlik tussen Cronjé en Kallis onderskei nie. Dis waarom albei se name agter Suid-Afrika op sy lysie staan.

Die manier waarop Cronjé hom soms kasty het, het ook die rolprent oor Cronjé se lewe gehaal.

Warne het Cronjé verlede jaar as die kaptein van die Suid-Afrikaanse XI van sy speeldae aangewys.

Warne het in sy eerste toets teen Kallis – die kolwer se derde toets – vir Kallis in die tweede beurt op die Wanderers vir 39 geboul. Kallis sou later in 1998 in Sydney ook sy 300ste slagoffer word toe hy weer deur die draaier geboul is.

Warne het Graham Gooch by Engeland uitgesonder as die kolwer wat hom soms laat bontstaan het.

Volgens cricket.com.au het Gooch die beste gevaar van al die kolwers wat tien en meer toetse teen Warne gespeel het.

Sy gemiddeld van 66.16 in 11 toetse teen Warne is die beste onder die groepie kolwers wat die bybreker uitgesonder het.

Cronjé s’n is 42.75 in 12 toetse en Kallis s’n 36.85 in 18 toetse.

Warne se lys:

Bangladesj: Mohammad Ashraful

Engeland: Graham Gooch

Indië: Sachin Tendulkar

Pakistan: Saeed Anwar

Nieu-Seeland: Martin Crowe

Suid-Afrika: Hansie Cronjé/Jacques Kallis

Sri Lanka: Aravinda de Silva

Windies: Brian Lara

Zimbabwe: David Houghton.

Meer oor:  Shane Warne  |  Jacques Kallis  |  Krieket
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.