Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Jong Bryce Parsons lei SA o.19-span

Bryce Parsons is aangewys as die kaptein van die Suid-Afrikaanse o.19-krieketspan wat vroeg aanstaande jaar in die Wêreldbekertoernooi in dié ouderdomsgroep hier op tuisbodem speel.

Gerald Coetzee (regs) ontvang sy nasionale pet van Eddie Khoza van Krieket Suid-Afrika (KSA). Foto: Gallo Images

Die Vrystater Gerald Coetzee, wat in die vorige WB-toernooi in Nieu-Seeland gespeel het, al in franchise-krieket die Knights verteenwoordig het en vir die Jozi Stars in vanjaar se Mzansi-superliga (MSL) diens doen, het van sy besering herstel en is ingesluit.

Ter voorbereiding vir die WB-toernooi kom Suid-Afrika teen die wêreldkampioen, Indië, te staan en sal daarna ook in ’n vierhoekige reeks teen die Indiërs, Nieu-Seeland en Zimbabwe in aksie wees.

Bryce is ’n natuurlike leier. As kaptein het hy nie net takties gegroei nie, maar ook as persoon.
Lawrence Mahatlane

Victor Mpitsang, die sameroeper van die keurkomitee, voel hulle het ’n goeie, gebalanseerde groep gekies en dat daar goeie leierskap in die groep is.

“Die ervaring wat Gerald Coetzee van ’n vorige toernooi het, is baie waardevol. Ons gaan ook die voordeel hê om tuis te speel,” sê hy.

Lawrence Mahatlane, die afrigter, sê dit was ’n moeilike proses om die groep saam te stel.

“Ons het na baie spelers gekyk en vir heelwat kans gegee. Daar is baie spesiale talent beskikbaar en die groep is aanpasbaar,” sê hy.

“Bryce is ’n natuurlike leier. As kaptein het hy nie net takties gegroei nie, maar ook as persoon, het Mahatlane bygevoeg.

Die groep is: Bryce Parsons (k), Jack Lees, Levert Manje (almal Gauteng), Khanya Cotanim, Odirile Modimokoane (albei Noordwes), Luke Beaufort, Tiaan van Vuuren (albei Oostelike Provinsie), Gerald Coetzee, Pheko Moletsane (albei Vrystaat), Jonathan Bird (Westelike Provinsie), Merrick Brett (Noordelikes), Achille Cloete (Boland), Tyrese Karelse (SWD), Mondli Khumalo (KwaZulu-Natal), Andrew Louw (Noord-Kaap).

Meer oor:  Krieket  |  Gerald Coetzee  |  Hansie Cronje  |  Lawrence Mahatlane
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.