Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Harmer kan Essex 2de titel besorg

Essex sal sy hoop op die voormalige Protea-draaier Simon Harmer plaas in hul beslissende graafskap-krieketwedstryd met Somerset wat Maandag in Taunton begin.

Simon Harmer met die trofee nadat Essex Saterdag as Engeland se Pro20-kampioen gekroon is. Foto: Getty Images

Somerset, wat hoop om sy eerste meerdagtitel tot nog toe te wen, het Engeland se toetsdraaier Jack Leach in sy geledere vir die beslissende wedstryd.

Essex het Somerset met sy sege in hul vorige wedstryd teen Surrey verbygesteek aan die bokant van die punteleer.

Somerset is op sy beurt in Southampton kis geboul deur Hampshire se Kyle Abbott. Hulle het nou 208 punte, teenoor Essex se 220.

Harmer is die meerdagreeks se voorste paaltjievraat met 78 paaltjies tot dusver.

Die Kolpak-speler was boonop Saterdag in Birmingham die Speler van die Wedstryd met boulsyfers van 3/16 toe Essex Worcestershire in die eindstryd van die plaaslike T20-reeks geklop het.

Somerset jag soos Essex ook sy tweede titel van die seisoen nadat hy vroeër die plaaslike eendagreeks gewen het. 

– Sportredaksie

Meer oor:  Simon Harmer  |  Essex  |  Proteas  |  Graafskapkrieket
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.