Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Hawies, hoe doen julle dit, vra Allan

Allan Donald, nuwe hoofbreier van die Knights se krieketspan, gaan by sy “buurman” Hawies Fourie, afrigter van die Cheetahs, aanklop om te hoor hoe die rugbyspelers sake benader om weer te begin speel.

Allan Donald. Foto: Gallo Images

Donald gaan ook tuis by die wooneenhede waar Fourie en van die Cheetahs bly.

Die twee “Bolanders” het vandeesweek in Bloemfontein aangekom om hulle by hul onderskeie spanne aan te sluit.

“Ek gaan by Hawies hoor hoe hulle dinge doen. Die rugbyspelers is in dié stadium ’n tree voor ons,” sê Donald.

Donald se aanvanklike planne is in die wiele gery met die onsekerheid wat daar steeds rondom die Covid-19-maatreëls vir vlak 3 van inperking heers.

“Ons wag nou om te hoor van Krieket Suid-Afrika (KSA) oor wanneer ons kan begin en wat ’n ou alles kan en mag doen.”

’n Woordvoerder van KSA het vandeesweek gesê dit lyk asof die franchises eers van Julie af met oefening sal kan begin.

KSA beoog om die plaaslike seisoen in November te begin. Daar is sprake dat die eerste ronde van wedstryde van die meerdagreeks dalk voor die nuwe Mzansi T20-reeks ingepas kan word.

Donald sê die binnenshuise oefengeriewe by die Mangaung Oval word nou ontsmet en streng reëls sal geld wanneer hulle daar met spelers kan begin werk.

“Ek weet die spelers is baie gefrustreerd, hulle wil aan die gang kom, maar ons moet eers seker maak alles is 100% gereed.”

Hy sal volgende week ook ’n aanlyn vergadering met al die spelers hê.

Meer oor:  Allan Donald  |  Krieket  |  Knights  |  Hawies Fourie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.