Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Head hou kop, maar Indië veg terug

Die eerste toets tussen Australië en Indië in Adelaide is op ’n naaldpunt nadat die besoekers se boulers die kwesbaarheid van die verswakte Aussie-kolflys uitgebuit het.

Die tuisspan, wat Indië se eerste beurt vroeg op die tweede dag tot 250 beperk het, was Vrydag teen uitskeityd self in die knyp op 191/7.

Die Aussie-hotklou Travis Head op pad na ’n onoorwonne beurt van 61 lopies op die tweede dag van die eerste toets teen Indië in Adelaide. Foto: Reuters

Was dit nie daarvoor dat hul middelordekolwer Travis Head kopgehou het met ’n onoorwonne 61 nie, sou die Aussies selfs verder in die moeilikheid gewees het.

Head en die eindkolwer Mitchell Starc (8*) sal Saterdag poog om hul agterstand uit te wis en dalk selfs ’n klein voorsprong te bou.

Hoewel Head beïndruk het met sy tweede vyftigtal in slegs sy derde toets, het dit bloot die krake toegesmeer van diepliggende probleme in die Australiese top-orde.

Een daarvan is dat Australië in die afwesigheid van die geskorste David Warner sukkel om enige noemenswaardige aanvangsvennootskappe te smee.

Aaron Finch, beter bekend as ’n spesialis in die korter formate, is vir dié reeks as aanvangskolwer betrek, maar het slegs drie balle teen die Indiese snelaanval oorleef.

Ravichandran Ashwin was nie net suinig met sy wegbreke nie, maar het ook drie paaltjies op die Adelaide Oval platgetrek. Foto: Getty Images

Shaun Marsh se wisselvallige loopbaan het ook voortgeduur toe hy net twee lopies kon bymekaarskraap.

Marcus Harris, die groentjie-aanvangskolwer, het ’n bietjie langer gehou, maar is op 26 deur die draaier Ravichandran Ashwin uitgehaal. Harris was een van drie slagoffers vir dié wegbreker.

Volgens Harris is die nuwe blad op die Adelaide Oval vir die kolwers se gesukkel te blameer, maar glo hy dat Australië “nog 100% in dié stryd is”.

Die Aussie-kaptein, Tim Paine, kon ook nie van voor lei nie en is vir vyf deur Ishant Sharma uitgehaal. Dít het Australië op 127/6 laat steier, voordat Head en ’n hardnekkige kolfbeurt deur die snelbouler Pat Cummins die Aussies hul eerste vennootskap van 50 lopies besorg het.

Volgens Head het die Indiese boulers baie druk op hulle geplaas, maar glo hy as die Aussies Saterdag in die eerste uur kan vasskop, is hulle weer in ’n goeie posisie.

Ashwin, wat slegs 50 lopies in 33 boulbeurte afgestaan het, het gesê die span wat ’n voorsprong het ná die eerste beurt, sal die momentum aan sy kant hê in dié toets. – Reuters, Sportredaksie

Meer oor:  Indië  |  Toetskrieket  |  Kriekettoets  |  Australië  |  Adelaide
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.