Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Aussie-kaptein: ‘Help ’n bietjie vir Steve’

Steve Smith is nie ’n eenman-weermag nie.

Só het dié Australiese kolwer en lopievraat se kaptein, Tim Paine, Woensdag gesê.

Marnus Labuschagne vang Donderdag ’n bal tydens die Aussies se veldwerkoefening op die Gabba in Brisbane. Foto: Getty Images

Hy het op die vooraand van die Australiese krieketspan se eerste toets teen Pakistan in Brisbane gesê die ander kolwers moet Smith meer ondersteuning bied as wat hulle vroeër vanjaar in Engeland gedoen het.

Smith, ’n voormalige Aussie-kaptein, is die voorste toetskolwer ter wêreld. Hy het vroeër vanjaar in Engeland 774 lopies teen ’n gemiddeld van 110 aangeteken in die reeks om die As. Dít het Australië gehelp om die reekslouere te deel en die As te behou.

Sy kolfkollegas het egter ondergemiddeld gevaar.

Die sterkolwer Steve Smith het meer ondersteuning nodig, sê Tim Paine. Foto: Getty Images

“Ons het in die reeks om die As te swaar op Steve geleun. Dit is geen geheim nie. Die res van ons topsewe-kolwers is gretig om hope lopies aan te teken,” sê Paine.

Die eerste van twee toetse teen Pakistan begin Donderdag op die Gabba en die kaptein sê die Aussies het al baie sukses daar behaal.

“Ons hou daarvan om in Australië te kolf. Die kolwers kan nie wag nie. Jy kan baie lopies op die Gabba aanteken as jy jou kan ingrawe.”

Justin Langer, die Aussies se afrigter, sê Joe Burns sal die kolfwerk open saam met David Warner en Mitchell Starc sal die derde snelbouler wees. Daar is dus nie plek vir Cameron Bancroft en Michael Neser nie.

Warner kon in 10 beurte in die reeks om die As net ’n karige 95 lopies aanteken, maar Paine is nie bekommerd nie.

Hy glo dié aanvangskolwer sal sy peil op tuisbodem herwin.

Australië is die gunsteling om die reeks te wen, wat sal afsluit met ’n dag-aand-toets in Adelaide.

Paine sê in die nuwe Toetskampioenskap kan jy nie glipse bekostig nie.

’n Peinsende Naseem Shah, 16-jarige nuwe vonds van Pakistan. Foto: Getty Images

In die Toetskampioenskap speel die voorste nege toetslande oor ’n tydperk van twee jaar teen mekaar en verdien punte op grond van hul uitslae. ’n Eindstryd sal in Junie 2021 op Lord’s beslis word.

“Om die Toetskampioenskap te wen, moet jy feitlik al jou toetse en reekse wen. Elke toets is baie belangrik,” sê Paine.

Australië het laas in 1988 ’n toets op die Gabba verloor.

* Die spanne sal eers Donderdag gefinaliseer word, maar dit lyk na ’n uitgemaakte saak dat die 16-jarige blits Naseem Shah sy debuut vir die besoekers sal maak.

Sy kaptein, Azhar Ali, glo Naseem beskik oor die nodige beheer, vaart, geaardheid en fiksheid om nou al op toetsvlak te slaag.

Naseem sal die jongste speler word om sy toetsdebuut in Australië te maak.

Die Aussie Ian Craig hou die rekord as die jongste toetsdebutant. Hy was 17 jaar oud toe hy in 1953 teen Suid-Afrika in Melbourne gespeel het.

* TV: Donderdag vanaf 02:00 op SS 6. – Reuters

Meer oor:  Krieket  |  Justin Langer  |  Tim Paine  |  Steve Smith  |  Australië
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.