Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Hendricks skud teleurstelling oor WB af

Reeza Hendricks het hom nie laat onderkry deur die teleurstellende nuus dat hy nie die Proteas se uitsoekgroep vir die Wêreldbeker-kriekettoernooi gehaal het nie.

Reeza Hendricks het sy Wêreldbeker-teleurstelling met ’n puik beurt teen die Titans afgeskud. Foto: Gallo Images

Dié kolwer het die Lions enkele ure ná die aanhoor van die slegte nuus tot ’n sege help kolf in hul T20-buurstryd teen die Titans Donderdag op die Wanderers.

Hendricks (77, 61 balle) en Rassie van der Dussen (85, 47 b), wat wel in die SA groep is, het met ’n reeksrekord van 151 lopies om die tweede paaltjie vorendag gekom. Dit het die grondslag gelê vir die Lions se oorwinning met 19 lopies.

Hendricks kon nie vooraf in die reeks aan die gang kom nie en het 11, 0 en 0 in sy vorige drie beurte aangeteken.

Die tuisspan het met dié twee aan die spits 181/4 aangeteken, nadat hy ingestuur is om te kolf.

Theunis de Bruyn se 42 was die hoogste vir die Titans, wat tot 162/9 beperk is.

Die naatbouler Nono Pongolo (3/29) het die beste met die bal vir die wenspan gevaar, terwyl die draaier Aaron Phangiso (2/26) ook sy kant gebring het.

Die Lions reis nou na Kimberley, waar die Knights Saterdag op hulle wag. 

Telkaart

Meer oor:  Reeza Hendricks  |  Titans  |  Wêreldbekerkrieket  |  Lions  |  T20  |  Proteas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.