Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Hier is Krieket SA se Speler van die Jaar

Die Suid-Afrikaanse krieketkaptein, Faf du Plessis, die enigste Protea wat ’n honderdtal in die Wêreldbeker-toernooi in Engeland kon moker, was die groot wenner op Krieket Suid-Afrika se prysuitdeling Saterdagaand in Pretoria.

Du Plessis, wat teruggekeer het van die Kanadese T20-reeks waar hy drie wedstryde gespeel het, het met drie pryse weggestap – onder meer die groot prys van Speler van die Jaar.

Faf du Plessis is as Suid-Afrika se Krieketspeler van die Jaar aangewys. Foto: Getty Images

Du Plessis se 100 in Suid-Afrika se sege met 10 lopies in Manchester teen Australië, ’n span wat hy oor die jare gekasty het, was die enigste honderdtal in Suid-Afrika se teleurstellende Wêreldbekerveldtog. Du Plessis is toe ook as Eendagspeler van die Jaar vereer, terwyl hy ook sy medespelers se Speler van die Jaar was.

Du Plessis is op ’n rype ouderdom van 35 vir die eerste keer in sy loopbaan as die Speler van die Jaar gekroon en is die 11de speler wat dié groot eer te beurt geval het.

Jacques Kallis (2004, 2011), Makhaya Ntini (2005, 2006), Hashim Amla (2010, 2013), AB de Villiers (2014, 2015) en Kagiso Rabada (2016 en 2018) het die gesogte prys al twee keer gewen. Die ander wenners was Shaun Pollock (2007), Dale Steyn (2008), Graeme Smith (2009), Vernon Philander (2012) en Quinton de Kock (2017).

De Kock is Saterdagaand, in die afwesigheid van die snelbouler Duanne Olivier, wat homself met ’n Kolpak-kontrak “gediskwalifiseer” het, as Toetsspeler van die Jaar aangewys.

David Miller was die Proteas se T20-Speler van die Jaar.

Die verrassing van die aand was dat die veteraan-bybreekbouler, Imran Tahir, wat sy eendaguittrede aangekondig het, geen katergorie-eerbewys ontvang het nie.

Rabada was die ondersteuners se Speler van die Jaar.

Steyn het die KFC Streetwise-prys gekry nadat hy die rekord vir die meeste toetspaaltjies deur ’n Protea syne gemaak het.

Rassie van der Dussen was die Proteas se Nuweling van die Jaar. Sy gemiddeld in eendagwedstryde (62 in die Wêreldbeker-toernooi) was 73, terwyl hy ook met ’n treftempo van 133 in T20-wedstryde vir Suid-Afrika gespog het. Van der Dussen is ook as die speler met die grootste impak in die eerste weergawe van die Mzansi Superliga vereer.

Die verrassing van die aand was dat die veteraan-bybreekbouler, Imran Tahir, wat sy eendaguittrede aangekondig het, geen katergorie-eerbewys ontvang het nie.

* Twee draaibalboulers, Dane Piedt van die Cape Cobras en Bjorn Fortuin van die Lions, het elk twee eerbewyse gekry.

Piedt was Meerdagspeler van die Jaar vir sy 54 paaltjies in die plaaslike franchise-meerdagreeks en hy was ook die Suid-Afrikaanse Spelersvereniging se waardevolste speler van die jaar.

Fortuin was die plaaslike T20 Speler van die Jaar en sy medespelers in plaaslike krieket se Speler van die Jaar.

Sy afrigter by die Lions, Enoch Nkwe, is soos verwag as afrigter van die Jaar aangewys.

Die Titans se Junior Dala was Eendagspeler van die Jaar, terwyl die Warriors se Sinethemba Qeshile die plaaslike Nuweling van die Jaar was.

Pryswenners:

SA Mans:

Speler van die Jaar: Faf du Plessis

Toetsspeler van die Jaar: Quinton de Kock

Eendagspeler van die Jaar: Faf du Plessis

T20 Speler van die Jaar: David Miller

Spelers se Speler van die Jaar: Faf du Plessis

Ondersteuners se Speler van die Jaar: Kagiso Rabada

KFC Streetwise-toekenning: Dale Steyn (SA se voorste toetsbouler van alle tye)

Aflewering van die Jaar: Vernon Philander (paaltjie Azhar Ali, eerste beurt van Pakistan, 3de toets)

Nuweling van die Jaar: Rassie van der Dussen


SA Vroue:

Speler van die Jaar: Dane van Niekerk

Nuweling van die Jaar: Tumi Sekhukhune

Spelers se Speler van die Jaar: Dane van Niekerk

Eendagspeler van die Jaar: Marizanne Kapp

T20 Speler van die Jaar: Shabnim Ismail


Plaaslike krieket:

Meerdagspeler van die Jaar: Dane Piedt (Cape Cobras)

Eendagspeler van die Jaar: Junior Dala (Titans)

T20 Speler van die Jaar: Bjorn Fortuin (Lions)

MSL-impakspeler van die Jaar: Rassie van der Dussen (Jozi Stars)

MSL-jongspeler van die Jaar: Lutho Sipamla (Nelson Mandela Bay Giants)

Afrigter van die Jaar: Enoch Nkwe (Lions)

Spelers se Speler van die Jaar: Bjorn Fortuin (Lions)

Plaaslike nuweling: Sinethemba Qeshile (Warriors)

Afrika T20-beker se Speler van die Toernooi: Marco Marais (Grens)

Spelersvereniging se waardevolste speler: Dane Piedt (Cape Cobras)


Ander pryse:

Skeidsregters se Skeidsregter van die Jaar: Bongani Jele

Skeidsregter van die Jaar: Shaun George

Tellinghouersvereniging van die Jaar: Gauteng


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.