Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Hotklou gee Proteas die horries

’n Goeie terugvegpoging deur Sri Lanka se eindkolwers het hul eerste beurt tot ’n mate gered op die eerste dag van die eerste kriekettoets teen Suid-Afrika in Galle.

Dimuth Karunaratne vier sy honderdtal op die eerste dag van die eerste kriekettoets trussen Sri Lanka en Suid-Afrika in Galle. Foto: AP

Die tuisspan was diep in die moeilikheid op 176/8, maar uitstekende kolfwerk deur die aanvangskolwer Dimuth Karunaratne (158* van 222 balle; 13x4, 1x6) het sy land verby die 280-kerf gekry.

Sri Lanka is uiteindelik vir 287 uitgeboul en die Proteas het in die kort rukkie voor die uitskeityd reeds die paaltjie van Aiden Markram verloor. Suid-Afrika kolf Vrydag voort met sy telling op 4/1.

Hoogtepunte van dag 1

Die dag het ongetwyfeld aan die hotklou-kolwer Karunaratne behoort. Hy was op 93* toe Rangana Herath uitgehardloop is en Sri Lanka ws toe op 176/8 diep in die moeilikheid. Hy het egter ’n verder 65 lopies aangeteken en die laaste twee paaltjies het ’n waardevolle 111 lopies opgelewer. Hy het 48 lopies om die 9de paaltjie saam met Suranga Lakmal (10) aangeteken voor hy en die laaste man, Lakshan Sandakan, 63 om die laaste paaltjie gevoeg het.

Die laaste twee vennootskappe was die hoogste twee van die beurt.

Suid-Afrika het goed geboul op ’n dag waar die toestande hulle nie veel gehelp het nie.

Dit was die uitstekende kombinasie van Kagiso Rabada (4/50) en Tabraiz Shamsi (3/91), wat tussen middagete en tee die hart uit die middelorde van die Sri Lankaanse kolflys geruk het.

Shamsi was veral ongelukkig om nie meer paaltjies te neem nie. Hy het die kolwers gereeld geklop en almal, met die uitsondering van Karunaratne, het gesukkel om te lees watter kant toe die bal sou draai.

Dale Steyn, wat ná ’n afwesigheid van ses maande terug is in die Proteas se span, het een paaltjie laat kantel en kort nou nog twee om Shaun Pollock se SA rekord van 421 toetsslagoffers te oortref.

Telkaart.

Meer oor:  Sri Lanka  |  Toetskrieket  |  Galle  |  Proteas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.