Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Hy is nie gay, sê Aussie oor ‘misverstand’

Die veelsydige Australiese krieketspeler James Faulkner sê die ondersteuning wat hy by die LGBT-gemeenskap ontvang, is “fantasties” – maar dit is die gevolg van ’n “misverstand”.

Die Aussie James Faulkner was die speler van die wedstryd in die eindstryd van die Wêreldbekertoernooi in 2015.

Faulkner het ’n foto op Instagram gedeel van hom saam met sy ma en ’n man wat hy as sy “kêrel” beskryf.

ABCSport berig sy volgelinge, wat die Aussie-krieketspelers Glenn Maxwell en Shaun Tait insluit, het reageer deur hom vir sy “groot dapperheid” te prys.

“Daar is skynbaar ’n misverstand oor my plasing, ek is nie gay nie,” sê Faulkner.

“Bygesê, dit is fantasties om die ondersteuning vanuit en vir die LBGT-gemeenskap te sien. Laat ons nooit vergeet nie, liefde is liefde. Welgedaan aan almal wat so ondersteunend is.”

Faulkner het een toets en 69 eendagwedstryde vir Australië gespeel. Hy was die speler van die wedstryd in die eindstryd van die Wêreldbekertoernooi in 2015.

Hy het bygevoeg dat die man in die foto “net ’n goeie vriend” is. Hy het ook sy oorspronklike plasing gewysig met “beste vriend!!!”

Krieket Australië (KA) het in ’n verklaring om verskoning gevra nadat die foto groot aandag getrek het.

“KA beskou nie James Faulkner se kommentaar op sosiale media as ’n grap nie, so ook nie James nie,” sê die beheerliggaam.

“Sy kommentaar is gemaak as ’n opregte weerspieëling van sy verhouding met sy sakevennoot, beste vriend en huismaat van vyf jaar. Hy is nie gekontak vir duidelikheid voordat sommige nuusagentskappe berig het dat hy ’n aankondiging van sy homoseksualiteit op Instagram gemaak het nie.

“James en KA ondersteun die LGBT-gemeenskap en besef dit kan ’n ongelooflik emosionele ervaring wees vir iemand om uit die kas te klim. Die plasing het glad nie ten doel gehad om afbreuk te doen aan daardie feit nie.”

Steven Davies van die Engelse graafskap Somerset het in 2011 die eerste aktiewe beroepskrieketspeler geword om in die publiek te erken hy is gay.

– Sportredaksie

Meer oor:  T20  |  Toetskrieket  |  Lgbt  |  Eendagkrieket
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.