Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Iere se Singh puik met kolf en skitter met bal
Simi Singh Foto: Getty Images

Die Ierse draaibalbouler Simi Singh het ’n uitsonderlike eendagwedstryd beleef teen die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) waarin hy ’n onoorwonne vyftigtal aangeteken het en 5/10 ingeoes het.

Die Iere (228/6) het die VAE (116) Maandag in Abu Dhabi met 112 lopies geklop om die reeks met 1-1 te laat eindig.

Dit was volgens thecricketer.com die mees ekonomiese boulskof van tien boulbeurte sedert Ray Price van Zimbabwe se 0/7 teen die einste Iere in 2008 in Nairobi.

Die 33-jarige Singh het vier leë boulbeurte afgestuur.

Phil Simmons van die Wes-Indiese Eilande se 4/3 teen Pakistan in 1992 in Sydney is die mees ekonomiese boulsyfer in ’n boulskof van tien boulbeurte in internasionale eendagkrieket.

Die Indies gebore Singh het vroeër ’n onoorwonne 54 van 57 balle gemoker. Hy het op nommer sewe in Ierland se kolfbeurt gaan kolf nadat die wenspan vroeg op 10/3 en later op 99/5 in die knyp was.

Singh het toe die eerste vyf paaltjies in die VAE se kolfbeurt laat kantel, wat die gasheer op 64/5 aan die steier gehad het. – Sportredaksie

TELKAART

Meer oor:  Vae  |  Eendagreeks  |  Ierland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.