Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
‘Reisbeperkings sal Indië nie stuit’

Die Internasionale Krieketraad (IKR) is vol vertroue dat Indië in die komende Britse somer na Engeland sal kan reis, al is dié land nou ook op Brittanje se “rooilys”.

Die Internasionale Krieketraad is hoopvol dat Virat Kohli (middel) en sy Indiese spanmaats later vanjaar hul verpligtinge in Engeland sal kan nakom. Foto: Getty Images

Reise vanaf lande op die rooilys na Brittanje word verbied weens die groot aantal Covid-19-gevalle daar.

Matt Hancock, Britse gesondheidsminister, het Maandag gesê die meeste mense wat in die laaste tien dae na Indië gereis het, sal vanaf Vrydag toegang tot die Verenigde Koninkryk belet word.

Britse en Ierse burgers, of diegene met verblyfreg in Brittanje, sal wel toegelaat word om die land binne te gaan, maar sal vir tien dae op hul eie koste in ’n hotel in selfkwarantyn moet gaan.

Dié verwikkelinge is problematies vir Indië se krieketspan, want hy is geskeduleer om in Junie in Engeland in die eindstryd van die Wêreld-toetskampioenskap teen Nieu-Seeland te speel. Vanaf Augustus is hy ook veronderstel om in ’n reeks van vyf toetse teen die Engelse in aksie te wees.

“Ons bespreek tans die kwessie met die Britse regering,” het die IKR in ’n verklaring gesê.

“Die ECB (Engelse en Walliese Krieketraad) en ander lidlande het gewys hoe ons internasionale krieket veilig midde-in ’n pandemie kan aanbied en ons het baie vertroue dat ons kan voortgaan om dít te doen en dat die eindstryd van die Wêreld-toetskampioenskap in Junie sal voortgaan.”

Pakistan, wat ook tans op Brittanje se lys van verbode lande is, moet ook in Julie in ’n eendag- en T20-reeks teen Engeland speel.

Engeland het in 2020 al sy geskeduleerde tuiswedstryde aangebied, met reekse teen die Wes-Indiese Eilande, Pakistan, Ierland en Australië wat almal suksesvol in streng bioborrels aangebied is. – Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.