Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Indië A beklink 1ste vierdagstryd teen SA A

Indië se naasbestes het Donderdag toe die eerste van twee vierdagwedstryde teen Suid-Afrika A maklik in Thiruvananthapuram beklink, maar nie voordat Lungi Ngidi nog twee paaltjies laat kantel het nie.

Lungi Ngidi. Foto: Gallo Images

Reën op die derde dag het die onvermydelike tot die vierde en laaste dag uitgerek. Die toerspan het Donderdag op 179/9 in sy tweede beurt met ’n voorsprong van slegs 40 lopies voortgekolf en is toe vir 186 uitgehaal.

Indië A het met 49/3 in 9.4 beurte die wedstryd met sewe paaltjies beklink.

Ngidi het met 2/22 in die tweede beurt en met altesaam vyf paaltjies in die wedstryd geëindig.

Die toerspan het al sy eendagwedstryde én die eerste vierdagstryd in Thiruvananthapuram gespeel en skuif nou na Mysore vir die tweede vierdagstryd.

Vernon Pilander en Theunis de Bruyn kan in dié wedstryd losgelaat word om vir die komende toetsreeks teen Indië op te warm. – Sportredaksie

Telkaart

Meer oor:  Krieket  |  Indië  |  Sa A-Krieketspan  |  Vierdagwedstryd  |  Thiruvananthapuram
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.