Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Indië sal uit nederlaag leer, sê Kohli

Indië se kaptein, Virat Kohli, was doodeerlik in sy ontleding van die gunstelingspan se swak vertoning in Sondag se nederlaag met 180 lopies teen sy aartsvyand Pakistan in die eindstryd van die Kampioenetrofee.

Virat Kohli verlaat Sondag die veld nadat hy met sy telling op vyf sy paaltjie verloor het. Foto: Getty Images

Die verdedigende kampioen is van die veld gespeel deur ’n Pakistan-span wat twee weke gelede deur die Indiërs in die groepfase laat les opsê is.

“Hulle het ook gekom om hul vaardighede uit te stal en ’n krieketwedstryd te wen en hulle het dit verseker vermag,” sê Kohli.

“Hulle het ons tot daardie foute gedwing danksy die wyse waarop hulle geboul het en die wyse waarop hulle druk in die veld uitgeoefen het en ons huiwer nie om te erken dat ons nie vandag ons beste kon lewer nie.”

Pakistan het in alle afdelings oorheers. Hy het ’n allemintige 338/4 in sy 50 boulbeurte opgestapel, voor hy Indië vir net 158 in 29.4 boulbeurte uitgeboul het.

Die hele span was uitstekend, maar die twee uitblinkers was die aanvangskolwer Fakhar Zaman (114 van 106 balle; 12x4, 3x6) en die aanvangsbouler Mohammad Amir, 3/16.

“Dis nooit ’n goeie ding om vroeg paaltjies te verloor nie, veral nie as jy ’n teiken jaag nie,” sê Kohli.

“Daarna het ons net aanhou paaltjies verloor. Een groot vennootskap sou die sleutel wees om ons op koers te kry, maar soos ek gesê het, krediet aan die teenstanders.”

Hardik Pandya (76 van 43 balle; 4x4, 6x6) het Indië hoop gegee vir ’n dramatiese oplewing, maar hy is uitgehardloop ná ’n misverstand met Ravindra Jadeja en het sy kop in frustrasie geskud toe hy die veld verlaat.

“Hy is piekfyn,” sê Kohli. “Hy het gevoel hy is goed op dreef vandag en gevoel hy kon iets baie spesiaal vermag en dis waarom hy so teleurgesteld is."

Die vertrek van Kohli (5), die wêreld se voorste eendagkolwer, het Indië se ondersteuners met ’n gevoel van onrus gelaat en die span het nooit regtig herstel nie.

“Dit is altyd ’n slegte gevoel wanneer jy jou paaltjie vinnig verloor en die kolfeenheid nie goed werk nie,” sê Kohli.

“Jy leer uit elke krieketwedstryd wat jy speel. Dit is die eindstryd so dinge lyk buite proporsie vir almal, maar ons het al voorheen gewen, ons het al voorheen verloor, en ons het altyd iets uit daardie wedstryde geleer.

“Ons het die toernooi betree met die doel om goed te doen en ons het goed gedoen deur die eindstryd te haal,” sê Kohli.

“Ons kan daarop trots wees en ons kop hoog hou want ons verstaan die druk en verwagtinge wat ons as ’n span in die gesig staar.”

Volledige telkaart.

– Reuters

Meer oor:  Kampioenetrofee
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.