Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Indië soek wraak, Windies nog ’n sege

Met die T20-krieketreeks gelykop ná twee wedstryde is daar Woensdag in die beslissende kragmeting baie op die spel vir die Wes-Indiese Eilande, wat Indië op sy tuisveld ’n tweede keer agtereenvolgens wil skok.

Virat Kohli, die kaptein, en sy span het die eerste wedstryd in Hyderabad gewen ondanks ’n duisternis foute op die veld, waaronder vyf verbroude vangkanse.

Die paaltjiewagter-kolwer Rishabh Pant sukkel tans met sy peil, maar is op sy beste ’n wedstrydwenner soos min. Foto: Getty Images

In die daaropvolgende stryd in Thiruvananthapuram, het die Windies die bottervingers van die tuisspelers uitgebuit om dit 1-1 te maak.

Die tweemalige T20-wêreldkamppioen sal egter Woensdag in Dehradun met ’n omgekrapte Kohli en span te doen kry. Die kaptein het gemor oor die swak veldwerk en sal ’n groot verbetering van sy troepe eis.

Of die span weer met die jong bybreekbouler Washington Sundar en sukkelende paaltjiewagter-kolwer Rishabh Pant gaan waag, is ’n ope vraag.

Sundar word hoog aangeslaan, maar het tot dusver in die reeks nog nie veel hond haaraf gemaak nie. Die keurders kan dalk veilig speel met Kuldeep Yadav as draaier.

Pant se tellings van 33*, 18, 6, 27, 19 en 4 in sy laaste ses T20-wedstryde is ook kommerwekkend. Maar hy kan op enige dag ’n wedstrydwenner op nr. 4 in die kolflys wees.

Die Windies, daarenteen, het gesien Indië kan kwesbaar onder druk wees. In Lendl Simmons, Evin Lewis, Nicholas Pooran en Shimron Hetmyer het die span kanonkolwers wat goed op dreef is.

Indië (uit): Virat Kohli (k), Rohit Sharma, KL Rahul, Rishabh Pant, Manish Pandey, Shreyas Iyer, Shivam Dube, Ravindra Jadeja, Washington Sundar, Yuzvendra Chahal, Kuldeep Yadav, Deepak Chahar, Bhuvneshwar Kumar, Mohammed Shami, Sanju Samson.

Wes-Indiese Eilande (uit): Kieron Pollard (k), Fabian Allen, Brandon King, Denesh Ramdin, Sheldon Cottrell, Evin Lewis, Sherfane Rutherford, Shimron Hetmyer, Khary Pierre, Lendl Simmons, Jason Holder, Hayden Walsh Jr, Keemo Paul, Kesrick Williams. Reuters

Meer oor:  Krieket  |  Indië  |  Windies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.