Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Indië verstewig sy houvas in Sydney

Australië is op die vierde dag van die laaste kriekettoets teen Indië op die Sydney Cricket Ground (SCG) vir die eerste keer in 30 jaar op tuisbodem gevra om op te volg nadat die span 300 in sy eerste beurt aangeteken het.

Die Aussie-aanvangskolwer Marcus Harris koes vir ’n opslagbal op die vierde dag van die kriekettoets teen Indië in Sydney.Foto: Getty Images

Dit is ná Indië, wat 2-1 voorloop in die reeks, op dag twee sy beurt op 622/7 gesluit het.

Engeland was in 1998 die laaste span wat die Aussies in sy eie agterplaas laat opvolg het.

Die dag se spel het weens reën sowat vier uur laat begin.

Indië het daarna net meer as ’n uur nodig gehad om die tuisspan se laaste vier paaltjies vir net 64 te laat kantel.

Kuldeep Yadav (5/99) het die grootste skade met die bal aangerig.

Die Aussies se aanvangskolwers, Usman Khawaja (4*) en Marcus Harris (2*), het in die tweede beurt oorleef totdat swak lig die spanne gedwing het om vroeër te gaan tee drink met die telling op 6/0.

Australië het nog ’n agterstand van 316 lopies met Indië wat bloot ’n onbesliste uitslag op die SCG benodig om sy eerste reekssege op Australiese bodem te behaal. - Reuters

Meer oor:  Sydney  |  Aussies  |  Indië
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.