Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Indiër Proteas se kolfghoeroe in reeks
Amol Muzumdar / Foto: KSA

Amol Muzumdar, ’n voormalige eersterangse speler in Indië, sal die Suid-Afrikaanse krieketspan se waarnemende kolfafrigter vir die komende toetsreeks teen Indië wees.

Krieket Suid-Afrika het sy aanstelling vir die drie toetse Maandag bevestig. Dit is die Proteas se eerste reeks in die nuwe wêreldtoetskampioenskap.

Muzumdar (44) het in sy eersterangse loopbaan oor 20 jaar 11 167 lopies opgestapel, wat 30 honderdtalle en 60 vyftigtalle ingesluit het.

Hy spog met afrigtingsertifikate van Indië, Australië en Engeland. Hy was die Rajasthan Royals se kolfafrigter in die Indiese Premierliga, hy het Indië se o.19- en o.23-spanne afgerig en was kolfafrigter van Nederland.

Corrie van Zyl, KSA se waarnemende direkteur van krieket, sê Muzumdar is danksy sy kennis van Indiese speeltoestande die perfekte keuse.

“Hy het met die draaierskamp wat ons onlangs daar gehad het reeds ’n goeie werksverhouding met Aiden Markram, Temba Bavuma en Zubayr Hamza opgebou.”

Meer oor:  Toetskrieket  |  Proteas  |  Amol Muzumdar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.