Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Indiese legende Dhoni pak kolwe weg
MS Dhoni in aksie by die Wêreldbeker-toernooi in 2019 in Engeland en Wallis. Foto: Getty Images

Die legendariese Indiese krieketspeler MS Dhoni se loopbaan as internasionale speler is iets van die verlede.

Dhoni (39) het die besluit Saterdag in effens ’n kriptiese boodskap op Instagram bekend gemaak.

Hy het reeds in 2014 sy uittrede uit toetskrieket aangekondig, en was sedert die Wêreldbeker-toernooi in 2019 in Engeland en Wallis nog nie weer in witbalkrieket in aksie nie.

“Dankie vir al die liefde en ondersteuning regdeur. Beskou my van 19:29 af as uitgetree,” het hy geskryf. By die plasing is daar foto’s uit sy loopbaan as internasionale speler – wat dit onduidelik maak of hy net sy loopbaan as internasionale speler vaarwel toeroep.

Met Dhoni as kaptein het Indië die T20-Wêreldbeker in 2007 en ook die Wêreldbeker in 2011 gewen.

Dhoni het in 350 internasionale eendagwedstryde tussen 2004 en 2019 gespeel, waarin hy 10 773 lopies teen ’n gemiddeld van 50.57 aangeteken het.

In T20-wedstryde het hy 1 617 lopies in 98 wedstryde teen ’n treftempo van 126.13 behaal. Hy het ook in 90 toetse gespeel, waarin hy 4 876 lopies teen ’n gemiddeld van 38.09 behaal het.

Hy het 444 vangskote as paaltjiewagter in internasionale eendagwedstryde benut – die derde meeste van alle tye tot op hede. Kumar Sangakkara van Sri Lanka spog met 482, gevolg deur die Australiër Adam Gilchrist se 472. – Reuters, Sportredaksie


Meer oor:  Krieket  |  Indië  |  Ms Dhoni  |  Uittrede
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.