Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Indiese vrou baanbreker in krieket

Die Internasionale Krieketraad (IKR) het vir die eerste keer ’n vrou, GS Lakshmi van Indië, op sy paneel van wedstryd-skeidsregters aangestel.

Dit volg nadat Claire Polosak vroeër vandeesmaand die eerste vrou geword het om as ’n skeidsregter in ’n senior internasionale eendagwedstryd vir mans op te tree.

Lakshmi sal met onmiddellike ingang in internasionale wedstryde kan optree.

Wedstryd-skeidsregters moet toesien dat die IKR se gedragskode en ander reëls op die veld gehandhaaf word en moet op strawwe besluit wanneer dit oortree word.

Intussen is Eloise Sheridan ook by die IKR se ontwikkelingspaneel van skeidsregters ingesluit.

Daar is nou agt vroue wat op dié paneel dien, naamlik Sheridan, Polosak, Lauren Agenbag, Kim Cotton, Shivani Mishra, Sue Redfern, Mary Waldron en Jacqueline Williams.

Die 51-jarige Lakshmi het haar debuut as wedstryd-skeidsregter in plaaslike krieket in Indië in die 2008-’09-seisoen gemaak.

Sy het reeds in drie internasionale vroue-eendagwedstryde en drie internasionale vroue-T20-wedstryde as wedstryd-skeidsregter opgetree.

“Dis vir my ’n groot eer om vir die internasionale paneel deur die IKR gekies te word en dit skep vir my nuwe geleenthede,” sê Lakshmi.

“Ek het ’n lang loopbaan as speler en wedstryd-skeidsregter in Indië gehad.

“Ek hoop my ervaring as speler en wedstrydbeampte sal handig te pas kom in die internasionale arena.” – IKR

Meer oor:  Skeidsregter  |  Ikr
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.