Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
IPL-opskorting kan BCCI fortuin kos

Die Indiese Krieketbeheerraad (BCCI) loop die gevaar om $270 miljoen (sowat R3,8 miljard) se inkomste kwyt te wees indien die sterbelaaide Indiese Premierliga (IPL) nie later vanjaar voltooi kan word nie.

AB de Villiers het voor die opskorting van vanjaar se IPL met die kolf uitgeblink vir die Royal Challengers Bangalore. Foto: IPL

Dié T20-liga, waarin die wêreld se beste spelers in aksie is, is Dinsdag onbepaald uitgestel weens die Covid-19-krisis in Indië en die feit dat daar ten spyte van twee bioborrels verskeie infeksies by die spanne was.

“Rofweg geskat, sal die verlies aan inkomste in die omgewing van $270 miljoen wees,” het Arun Singh Dhumal, tesourier van die BCCI, aan Reuters gesê.

“Gegewe al ons kontraktuele verpligtinge, moet ons nog uitwerk wat die presiese syfer sal wees,” het hy gesê, maar bygevoeg dat die beheerliggaam se belangrikste prioriteit nou eers is om seker te maak dat al die oorsese spelers in die liga veilig tuis kom.

STAR Sports is sedert 2018 die houer van die IPL se TV- en digitale uitsaairegte en dié kontrak strek tot aan die einde van volgende jaar se toernooi. Dié mediamaatskappy het destyds ingestem om in die koers van $7,8 miljoen (R111 miljoen) per wedstryd te betaal.

Met slegs 29 uit 60 wedstryde in vanjaar se toernooi afgehandel, beteken dit dat die BCCI net wat dié uitsaai-inkomste betref, reeds $226 miljoen (R3,2 miljard) kan verloor.

“Jy word betaal vir dít wat jy lewer,” het Thomas Abraham, medestigter van SportzPower, ’n maatskappy wat die sportekonomie in Indië bestudeer, gesê.

STAR Sports het die BCCI se besluit om die IPL op te skort, gesteun, maar wou nie kommentaar lewer oor wat die finansiële implikasies daarvan sal wees nie.

Indiese krieketbase hoop om laat in September die IPL te hervat, maar gegewe die omvang van die Covid-19-pandemie in Indië, gaan dit makliker gesê as gedaan wees.

Dieselfde geld die aanbied van die T20-Wêreldbekertoernooi (T20-WB) later vanjaar.

Volgens Dhumal is hy optimisties dat die T20-WB in Oktober en November in Indië sal kan voortgaan, maar die Internasionale Krieketraad het reeds na die moontlikheid begin kyk om dit na die Verenigde Arabiese Emirate te skuif. – Reuters

Meer oor:  Indiese Premierliga  |  T20  |  Bcci  |  Ipl
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.