Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
IPL wil swak beslissing só hokslaan

Die Indiese Krieketraad (BCCI) beplan om toegewyde foutbal-skeidsregters aan te stel vir 2020 se Indiese Premierliga (IPL) in ’n poging om swak beslissings te beperk.

Daar was verskeie onderonsies tussen spelers en beamptes in vanjaar se weergawe van dié lonende T20-toernooi, met die gehalte van die skeidsregters wat deurlopend bevraagteken is.

Virat Kohli was betrokke in ’n paar omstrede voorvalle met skeidsregters in vanjaar se IPL. Foto: Getty Images

IPLT20.com berig ’n woordvoerder vir die BCCI het ná afloop van ’n vergadering in Mumbai dié besluit bevestig.

“Ons gaan ’n bykomende skeidsregter vir elke wedstryd aanstel wat slegs na foutballe sal kyk,” sê hy.

“In baie gevalle sien mens eers die foutbal wanneer ’n kolwer uitgegee word en daar mag dalk baie meer wees wat misgekyk word.

“Ons wil tegnologie inspan. ’n Bykomende skeidsregter sal slegs op foutballe fokus, dit sal nie ’n derde of vierde skeidsregter wees nie.”

Die omstredenheid rondom die toekenning van foutballe, al dan nie, het vir ’n paar onsmaaklike voorvalle in vanjaar se IPL gesorg.

Virat Kohli, kaptein van Indië asook die Royal Challengers Bangalore, was ontstoke nadat sy span van ’n sege ontneem is toe die Mumbai Indians se snelbouler Lasith Malinga met sy laaste aflewering oor die lyn getrap het.

Die skeidsregter het dit nie gesien nie, maar die blatante foutbal is oomblikke later deur almal in die stadion op die grootskerm opgemerk.

Kohli was ook betrokke in ’n vurige onderonsie met die Engelse skeidsregter Nigel Llong – wat glo later glo weens die voorval ’n deur afgeskop het – nadat hy beslis het Umesh Yadav het ’n foutbal afgestuur.

Die kykweer het gewys die bouler se voet was agter die lyn.

Daar was ook die omstrede voorval waar Mahendra Singh Dhoni, kaptein van die Chennai Super Kings, van die veld af gestorm het om die skeidsregter Ulhas Gandhe te konfronteer oor ’n foutbal-beslissing.

Die gebruik van ’n bykomende skeidsregter vir foutballe sal glo waarskynlik in ’n plaaslike toernooi op die proef gestel word voordat dit in die IPL in werking gestel word.

Die spelerveiling vir die 13de uitgawe van die toernooi vind op 19 Desember in Kolkota plaas.

– Sportredaksie

Meer oor:  T20  |  Bcci  |  Ipl
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.