Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
‘Jacques Kallis ’n aanwins vir Engelse span’

Die Engelsman Jonny Bairstow sê die teenwoordigheid van Jacques Kallis as kolfkonsultant is ’n “fantastiese toevoeging” tot die groep vir die toer in Sri Lanka.

Die 45-jarige krieketlegende sluit hom by Engeland aan vir ’n reeks van twee toetse teen Sri Lanka wat op 14 Januarie begin.

Jacques Kallis help Engeland met kolfwerk. Foto: Getty Images

Netwerk24 het verlede week berig ’n rasbeleid van Krieket Suid-Afrika (KSA) het bygedra tot Kallis se skok-besluit om ’n afrigtingsgeleentheid by die Engelse span te aanvaar. Suid-Afrika se voorste toetslopiemaker was verlede jaar die Proteas se kolfkonsultant in die toetsreeks teen Engeland, maar KSA het sy beleid rondom die aanstel van konsultante sedertdien verander om slegs swart persone aan te stel.

SuperSport berig Bairstow, wat na verwagting sy terugkeer na die toetsspan sal maak ná ’n afwesigheid van meer as ’n jaar, sê hy sien daarna uit om saam met Kallis te werk.

“Iemand van Jacques se kaliber is ’n fantastiese toevoeging,” sê Bairstow.

“Ek beskou hom as die beste veelsydige speler van alle tye. Iemand wat boaan die kolflys gekolf het, wonderlike vangkanse op glip geneem het en boonop so baie paaltjies geneem het.”

Jonny Bairstow is opgewonde oor Kallis se teenwoordigheid. Foto: Getty Images

Kallis het in ’n internasionale loopbaan van 19 jaar in 166 toetse gespeel. Hy het 13 289 toetslopies teen ’n gemiddeld van meer as 55 aangeteken en 292 toetspaaltjies laat kantel.

Slegs Indië se Sachin Tendulkar en die voormalige Australiese kaptein Ricky Ponting het meer lopies as die legendariese Protea in die vyfdag-formaat behaal.

Bairstow (31) glo hy kan baie leer by Kallis, wat tot Vrydag in selfafsondering in Sri Lanka was voordat hy hom by die Engelse groep aangesluit het.

“ ’n Mens kan so baie aspekte met hom bespreek. Ek is werklik nuuskierig om tyd saam met hom deur te bring en die proses te bestudeer en te verstaan,” sê Bairstow.

“Kyk, om al drie dele suksesvol bymekaar te bring oor ’n kwessie van so ’n lang tyd is op sigself ’n vaardigheid.

“Dit is wonderlik om Jacques in die groep te hê en ek sien werklik daarna uit om saam met hom te werk.”

Die Engelse, wat deur Joe Root aangevoer word, het Donderdag hul tweede oefensessie in Hambantota voltooi. Die toeriste het vroeër ’n terugslag beleef toe die veelsydige Moeen Ali positief getoets is vir Covid-19.

– Reuters

Meer oor:  Jonny Bairstow  |  Ksa  |  Toetskrieket  |  Proteas  |  Ecb  |  Jacques Kallis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.