Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Janneman moet Cobras help gif spoeg
Janneman Malan in aksie vir die Lions vroeër vanjaar.Foto: Gallo Images

Die Cape Cobras gaan die komende krieketseisoen weer op ’n gros jong spelers moet staatmaak vir sukses.

Die 22-jarige Janneman Malan en Tladi Bokako (25) is die Cobras se enigste aanwinste van ander provinsies.

Malan, die jonger broer van die Cobras se aanvangskolwer Pieter Malan, het verlede seisoen vir Noordwes amateurkrieket gespeel. Hy was die grootste lopievraat in meerdag- en eendagkrieket op dié vlak en is die afgelope naweek op Krieket Suid-Afrika se prysuitdeling as die driedaagse reeks se Speler van die Jaar aangewys.

Hy het ook ’n klompie wedstryde vir die Lions gespeel.

Bokako, ’n naatbouler, het verlede seisoen vir die Oostelike Provinsie begin speel, maar is in die laaste vier vierdaagse wedstryde deur die Warriors ingespan.

Die Cobras het verlede seisoen swaar geleun op nuwelinge soos Pieter, die jong kolwer Zubayr Hamza (22) en die paaltjiewagter Kyle Verreynne (21). Die middelordekolwer Aviwe Ngijima het hom ook gevestig in die span en ’n goeie bydrae gelewer.

“Die span is nie net in ’n herboufase nie, maar moet ook meeding en trofeë wen,” sê die breier, Ashwell Prince, in ’n verklaring.

“En wat die span goed maak, is dat 90% van die spelers in al drie weergawes van die spel vir die Cobras sal speel.”

En wat die span goed maak, is dat 90% van die spelers in al drie weergawes van die spel vir die Cobras sal speel.
Ashwell Prince

Dié nuwelinge sal moet vergoed vir die spelers wat ná verlede seisoen hul stewels opgehang of die provinsie verlaat het. Twee jare lange staatmakers, Justin Ontong en Andrew Puttick, het uitgetree, terwyl die Protea-kolwer Temba Bavuma hom weer by sy ou span, die Lions in Johannesburg, aangesluit het.

Die naatbouler Tsepo Moreki speel die komende seisoen vir die Titans.

Daar is nog onsekerheid of die gewese Protea-toetskolwer Stiaan van Zyl weer vir die Kaapse streekspan sal speel.

Hy is nie een van die Cobras se groep gekontrakteerde spelers nie, maar Netwerk24 verneem dat daar nog met hom gesprekke is om hom dalk wel te betrek.

Van Zyl, ’n staatmaker vir die Engelse graafskap Sussex, sukkel tans met ’n kniebesering en gaan geruime tyd langs die grenstou wees.

Cobras-groep vir die 2018-’19-seisoen:
Ferisco Adams, Hashim Amla (Proteas), David Bedingham, Tladi Bokako, JP Duminy (Proteas), Dayyaan Galiem, Zubayr Hamza, Simon Khomari, Rory Kleinveldt, George Linde, Janneman Malan, Pieter Malan, Aviwe Mgijima, Mthiwekhaya Nabe, Wayne Parnell, Dane Paterson, Vernon Philander (Proteas), Dane Piedt, Jason Smith, Kyle Verreynne, Lizaad Williams.


Meer oor:  Ashwell Prince  |  Kaapstad  |  Franchise  |  Seisoen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.