Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Janneman op pad Engeland toe
Janneman Malan gaan nou ook vir Leicestershire in Engeland sy slag wys. Foto: Gallo Images

Hy het nog altyd gedroom om graafskapkrieket te speel en is opgewonde oor die geleentheid, sê Janneman Malan oor die speelkans wat hy as oorsese speler by Leicestershire gaan kry.

Dié graafskap het Vrydag in ’n verklaring bevestig dat hy die dienste van die Proteas se aanvangskolwer vir die komende seisoen bekom het.

Die Foxes sê Malan sal in albei die plaaslike witbalreekse vir hulle beskikbaar wees, sowel as in drie meerdagwedstryde – teen Durham, Middlesex en Sussex – wat onderhewig is aan sy internasionale verpligtinge.

“Ek sien daarna uit om saam met Paul Nixon (afrigter) te werk en ek sal die ouens se vordering in die voorseisoen van ver af fyn dophou,” sê Malan.

Ek sien daarna uit om saam met Paul Nixon (afrigter) te werk en ek sal die ouens se vordering in die voorseisoen van ver af fyn dophou
Janneman Malan

Nixon het op sy beurt gesê dit was ’n voorkeursaak vir hulle om ’n aanvangskolwer van gehalte te kry vir witbalwedstryde en dat Malan dié profiel gepas het.

“Hy spog met ’n uitstekende vertoningslys in alle formate.

“Ons het sy vordering en ontwikkeling met belangstelling dopgehou. Hy tref die bal baie suiwer en sal ’n bate vir ons wees.”

Die verklaring op leicestershireccc.co.uk wys daarop dat Malan, vars van sy eerste eendaghonderdtal Woensdagaand in Bloemfontein teen Australië, die seisoen ook die voorste Suid-Afrikaanse kolwer in die Mzansi-superliga vir Cape Town Blitz was en dat hy met ’n eersterangse gemiddelde van meer as 50 lopies spog.

Colin Ackermann

Die 23-jarige Malan het reeds in twee T20-wedstryde vir Suid-Afrika gespeel en sal Saterdag op sy voormalige tuisveld in Potchefstroom in sy derde eendagwedstryd vir die Proteas in aksie wees.

Die Suid-Afrikaner Colin Ackermann is kaptein by Leicestershire.

Hansie Cronjé, Boeta Dippenaar, HD Ackerman, Claude Henderson, Rilee Rossouw, Dillon du Preez en Cameron Delport is van die Suid-Afrikaners wat Grace Road voorheen hul tuisveld genoem het.

Meer oor:  Janneman Malan  |  Engeland  |  Graafskapkrieket  |  Krieket  |  Kolwer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.