Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Joe Root se broer sit hom ore aan
Billy Root boul terwyl Joe Root toekyk in die onlangse graafskapwedstryd tussen Yorkshire en Glamorgan. Foto: Getty Images

Vir eens moes ouboet Joe Root die knie voor sy jonger broer buig!

Root (30), Engeland se toetskaptein, het die afgelope naweek in ’n graafskapkrieketwedstryd minder goed as sy broer, Billy (28), gevaar.

Hoewel die wedstryd tussen Yorkshire en Glamorgan by Headingly onbeslis geëindig het, het Billy sy broer so ’n bietjie ore aangesit.

In die eerste beurt het Billy, wat vir Glamorgan speel, 43 lopies gekry en in die tweede beurt het hy ’n onoorwonne 110 aangeteken.

Hy het boonop sy honderdtal met twee lopies van een van Joe se wegbrekers aangeteken.

Joe het sy broer baie sportief op die rug geklop en hulle het mekaar ’n vuis-stampie gegee.

Billy en Joe Root in 2013 toe Billy vir Engeland as plaasvervanger-veldwerker uitgehelp het teen Nieu-Seeland. Foto: Getty Images

Joe self kon net 16 en 13 lopies bymekaarskraap.

Nie een van die broers – Billy boul ook wegbrekers – is baie as boulers gebruik nie.

Joe het in die eerste beurt 0/13 in drie boulbeurte en in die tweede boulbeurt 0/20 in vyf gekry.

Billy het in twee boulbeurte in die eerste beurt 0/6 gekry en 0/28 in ses boulbeurte in die tweede beurt.

Voor die wedstryd het Billy vertel hoe hy en Joe as kinders in die agterplaas krieket gespeel het.

“Omdat ek die jongste was, moes ek altyd boul. Dit was sy kolf en sy bal. Die son was omtrent al onder voor ek ’n kans gekry het om te kolf,” het Billy gesê.

Billy het ook vertel hoe trots hy is op Joe, wat al meer as ’n 100 toetse vir Engeland gespeel het.

Die naaste wat Billy nog aan nasionale kleure gekom het, was een keer toe hy Engeland in 2013 as plaasvervanger-veldwagter uitgehelp het in die eerste toets teen Nieu-Seeland op Lord’s. – Reuters, BBC, Cricinfo

Meer oor:  Yorkshire  |  Glamorgan  |  Joe Root  |  Graafskapkrieket
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.