Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Jofra Archer boul Smith van die veld af
Steve Smith probeer om Jofra Archer te haak Saterdag op Lord’s. Foto: Getty Inages

Jofra Archer het verlede maand sy aankoms in internasionale krieket in ’n super-boulbeurt in die Wêreldbeker-eindstryd aangekondig.

Saterdag het hy dieselfde in toetskrieket gedoen met ’n venynige boulskof teen Steve Smith ná middagete op dag vier van die tweede toets in die Reeks om die As.

Archer (24) het slegs twee paaltjies geneem in sy eerste toetsbeurt, maar dit is die manier wat hy geboul het en die probleme wat hy vir Smith geskep het, wat lank onthou en bestudeer gaan word deur die res van die krieketwêreld.

In Australië se eerste drie kolfbeurte van dié reeks, het die ander Engelse boulers bitter min antwoorde vir Smith gehad. Hy het tellings van 144 en 142 in die eerste toets op Edgbaston aangeteken en was Saterdag op pad na nog ’n honderdtal.

Archer (2/59) het hom, ná ’n reeks balle waar Smith óf teen die lyf getref óf buite die wegpen geklop is, met ’n verskriklike aflewering teen die agterkant van die kopskerm getref.

Smith, op 78*, moes die veld verlaat vir ’n harsingskuddingtoets en ofskoon hy teruggekom het om te kolf, het hy nie op sy gemak gelyk nie. Die voormalige kaptein is uiteindelik vir 92 deur Chris Woakes uitgekry. Hy is ná sy beurt hospitaal toe vir ’n skandering van sy linkerarm vir ’n ander keer wat Archer hom raakgeboul het.

Die wedstryd is steeds op pad na ’n onbesliste uitslag nadat vyf sessies verloor is weens reën.

Australië is Saterdag vir 250 in sy eerste beurt uitgeboul, ’n agterstand van net 8 lopies ná die eerste beurte.

Engeland het toe gesukkel in die laaste sessie en het 96/4 met die uitskeityd bereik.

Dit is hoogs onwaarskynlik dat daar genoeg tyd oor is in die toets vir een van die spanne om ’n uitslag af te dwing.

Meer oor:  Toetskrieket  |  Reeks Om Die As
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.