Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Coetzee kry nog ’n kans op groot verhoog

Die 19-jarige snelbouler Gerald Coetzee sien uit na nog ’n kans om hom teen topspelers te meet, nadat hy as plaasvervanger in die komende driespanwedstryd in Centurion ingespan gaan word.

Coetzee is ingesluit in Kagiso Rabada se span ná Chris Morris se onttrekking aan die Solidarity Cup.

Gerald Coetzee gaan sy slag wys in die Solidarity Cup. Foto: Gallo Images

Die belowende voorslagbouler van die Knights vertrek Dinsdagoggend vir die wedstryd, wat Saterdag op SuperSport-park beslis word.

“Ek is baie dankbaar en opgewonde vir die kans wat ek gaan kry om in die wedstryd te speel. Ek dink dit gaan baie lekker blootstelling wees teen rêrige goeie spelers.

“Dis innoverend, nog niemand het dit gesien nie, ons is ook nuuskierig om te sien hoe dit gaan verloop,” sê Coetzee.

Hy het verlede seisoen in die Mzansi-superliga (MSL) skouers geskuur met ’n paar grotes van die spel, toe die Jozi Stars hom ook as ’n plaasvervanger speelkans gegee het.

Hy kon weens ’n dyspierbesering net twee MSL-wedstryde speel, maar het die paaltjie van Quinton de Kock as ’n hoogtepunt uitgesonder.

Coetzee is een van vier spelers van die Knights wat deel van Krieket Suid-Afrika se hoëprestasie-oefengroep is.

Hy is al ’n hele ruk aan die oefen in Bloemfontein onder die wakende oog van die Knights se nuwe breier, Allan Donald, oor wie hy baie in sy noppies is.

Die Knights se kolfbreier, Gerhard Maree, het hom en Raynard van Tonder ook met hul oefeninge bygestaan.

Coetzee sal vandeesweek in die paar dae voor die wedstryd op SuperSportpark die eerste keer in oefennette boul.

“Ek kon al ’n bietjie boul, maar nie veel nie. Ek het ’n bietjie binnenshuis en ook ’n bietjie op gras geboul.’’

Die twee spelers van die Knights wat vroeër positief getoets is vir die Covid-19-virus, maar asimptomaties was, het die naweek uit kwarantyn gekom.

Meer oor:  Solidarity Cup  |  Krieket  |  Gerald Coetzee  |  3-Span-Krieket  |  Knights
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.