Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Jong Proteas terug op wenpad

Die Suid-Afrikaanse o.19-krieketspan het danksy ’n honderdtal deur sy kaptein, Bryce Parsons, sy veldtog in die Wêreldbeker-toernooi terug op koers gekry.

Parsons (121, 90 balle, 15x4;3x6) het die Jong Proteas gehelp om Kanada Woensdag met 150 lopies in Potchefstroom te klop.

Bryce Parsons, kaptein van die Suid-Afrikaanse o.19-krieketspan, speel Woensdag ’n veeghou in sy beurt van 121. Foto: Getty Images

Suid-Afrika het eerste gekolf en 349/8 aangeteken waarna die Kanadese met net 199 in 41.1 boulbeurte kon antwoord.

Die gasheer moet ondanks die oorwinning steeds sy laaste groepwedstryd teen die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) Saterdag in Bloemfontein wen. Die wenner sal saam met die onoorwonne Afganistan verder in die Superliga meeding.

Die Afgane het die groepvoorloper gebly toe hulle die VAE Woensdag met 160 lopies in Potchefstroom geklop het.

Parsons en die aanvangskolwer Jonathan Bird (54, 49 b) het Woensdag 64 lopies om die tweede paaltjie aangeteken nadat Andrew Louw (6) in die sewende beurt van die dag deur die naatbouler Rishiv Joshi geboul is.

Teen die einde van Suid-Afrika se kolfbeurt het Tyrese Karelse (60*, 51b) die besoekers se boulers gefrustreer.

Die Kanadese naatbouler Akhil Kumar het die beste met die bal gevaar deur 4/56 plat te trek.

In Kanada se kolfbeurt het die paaltjiewagter Benjamin Calitz (62, 77 b) die beste met die kolf gevaar. Hy het egter te min ondersteuning van sy spanmaats gekry om ’n bedreiging vir Suid-Afrika te wees.

Tiaan van Vuuren, Achille Cloete, Merrick Brett en Jack Lees het elk twee paaltjies laat kantel vir die wenspan wat sonder die beseerde Gerald Coetzee (toon) moes speel.

TELKAART

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.