Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Jonty, ander legendes terug op veld

Die Suid-Afrikaanse krieketlegende Jonty Rhodes gaan sy terugkeer tot die veld maak.

Jonty Rhodes. Foto: Gallo Images

Rhodes en ’n rits ander voormalige sterspelers gaan in Februarie aan ’n T20-wêreldreeks in Indië deelneem.

Sachin Tendulkar van Indië en die Windies se Brian Lara se kolwe gaan ook dan weer flits.

Voormalige spelers van vyf lande sal in aksie wees, onder wie Virender Sehwag van Indië, Australië se Brett Lee en die Sri Lankaan Tillakaratne Dilshan.

Tendulkar (46) is die voorste lopievraat in die geskiedenis van toets- en eendagkrieket. Hy het in sy loopbaan van 24 jaar meer as 34 000 lopies aangeteken en 100 honderdtalle behaal. Hy het in 2013 uitgetree.

Tendulkar het in 2008 Lara se rekord vir die meeste toetslopies verbygesteek. Die hotklou van die Windies het 11 953 lopies aangeteken. Hy het in 2007 uitgetree.

Lara hou steeds die rekord vir die hoogste individuele telling in toetse, naamlik ’n onoorwonne 400 teen Engeland in 2004 in Antigua. – Reuters

Meer oor:  Jonty Rhodes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.