Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Buttler sit WB-eindstrydtrui op eBay
Jos Buttler, paaltjiewagter vir Engeland, het die trui wat hy in die Wêreldbeker-kriekettoernooi se eindstryd gedra het, op veiling geplaas. Foto: eBay

Die Engelse paaltjiewagter Jos Buttler het die hemp wat hy in die eindstryd van verlede jaar se Wêreldbeker-kriekettoernooi gedra het, op ’n veiling geplaas om geld vir twee hospitale in Londen in te samel.

Buttler was die man wat tydens die super-boulbeurt in hul eindstryd-oorwinning teen Nieu-Seeland op Lord’s, die paaltjies gestonk het wat eindelik verseker het dat Engeland die Wêreldbeker-trofee op dramatiese wyse verower het.

Hy het egter nou die poeierblou-trui, wat vir altyd ’n spesiale plek in Engeland se geskiedenis van krieket sal geniet, op eBay gesit.

Nie net kry iemand ’n kans om die hemp huis toe te neem nie, maar ook die handtekeninge van al die lede van die Engelse groep, wat daarop aangebring is. Dit kom ook met ’n brief van egtheid van Phoenix Management.

Die geld wat Buttler uit die opveil van sy hemp kry, sal aan die Royal Brompton- en Harefield-hospitaaltrust gaan.

Buttler het op Twitter gesê albei dié hospitale benodig dringend toerusting om Covid-19 te bestry.

Jos Buttler vier een van sy slagoffers in die Wêreldbeker-kriekettoernooi se eindstryd. Foto: Getty Images

Die amptelike plasing op eBay het begin met ’n bod van £100, voordat dit binne die eerste uur tot bo £10 000 geklim het.

Teen Woensdagmiddag was die voorloper ’n bod van £65 900.

“Waar die hemp kosbaar is vir Jos, sal die herinneringe van die dag ’n leeftyd by hom bly. Hy hoop om baie geld in te samel om die hospitaal te ondersteun met hul lewensreddende werk,” lui die inskrywing op eBay. – TeamTalk, Sportredaksie

Meer oor:  Koronavirus  |  Krieket  |  Covid-19  |  Ebay
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.