Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Mzansi-liga: Reeza se ster blink

Reeza Hendricks kon nie Dinsdagaand sy derde agtereenvolgende honderdtal van die Mzansi-superliga moker nie, maar sy 79 was genoeg om die Jozi Stars tot ’n oorwinning met 50 lopies oor die Cape Town Blitz te help.

Die Stars se Reeza Hendricks het nog ’n uithaler-vertoning gelewer. Foto: Gallo Images

Dit is die Stars se derde oorwinning op ’n streep en hulle is nou tweede op die puntelys. Die Blitz is steeds die pasaangeër, maar die nederlaag het beteken dat die res van die spanne nou nader aan hulle beweeg het.

Hulle het ’n bonuspunt verdien en het nou 20 punte.

Hendricks (79 van 48 balle; 5x4, 6x6), wat nou tellings van 55, 104*, 108* en 79 in sy laaste vier beurte in die reeks aangeteken het, is die grootste lopievraat in die toernooi.

Hy en Rassie van der Dussen (42 van 39 b; 2x4, 2x6) het 120 lopies om die tweede paaltjie geslaan om die grondslag te stel vir die Johannesburgers se totaal van 196/4.

Dan Christian (22*) en Pite van Biljon (22*) het teen die einde ook ’n paar groot houe gemoker om die teiken naby 200 te kry.

Die Kaapstadse span (146 almal uit) het nooit egter gelyk of hy dié teiken gaan behaal nie.

Duanne Olivier van die Jozi Stars ontwortel Dinsdagaand Dale Steyn se middelpen in ’n Superliga-krieketwedstryd op Nuweland in Kaapstad. Foto: Gallo Images

Die Stars se boulers het almal goed geboul, maar Dan Christian (4/22) en Duanne Olivier (3/38) het die paaltjies geneem. Albei het kans gehad om ’n driekuns te behaal.

Janneman Malan (43 van 37 b; 6x4) was die enigste Kaapse kolwer wat enige weerstand gebied het. Hy is een van die bestendigste kolwers in die reeks en het tot dusver in elke wedstryd sy span ’n goeie begin gegee.

* Die Tshwane Spartans speel Woensdag in Centurion teen die Paarl Rocks. Die Durban Heat is op Kingsmead slaags teen die Nelson Mandela Bay Giants.

Die eindstryd van die reeks is op 16 Desember.

Meer oor:  Mslt20  |  Mzansi-Superliga  |  Jozi Stars  |  Msl  |  Cape Town Blitz
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.