Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Jozi Stars trek ervare Pakistani nader

Shoaib Malik het sy land vroeër vanjaar in ’n T20-kragmeting met Suid-Afrika op die Wanderers aangevoer en nou keer hy in Desember terug na dié krieketstadion in Johannesburg.

Shoaib Malik tydens die Wêreldbeker-toernooi. Foto: Getty Images

Dié Pakistanse veelsydige speler sal dan vir Chris Gayle as die Jozi Stars se oorsese sterspeler in die Mzansi-superliga (MSL) vervang.

Gayle, ervare mokerman van die Windies, is slegs vir die span se eerste ses wedstryde beskikbaar. Malik sal dus vanaf die wedstryd op 1 Desember teen die Paarl Rocks in Johannesburg vir die verdedigende kampioen beskikbaar wees.

“As ’n kolwer kan Malik verskeie rolle in die kolflys vertolk. Hy het al sukses gehad as ’n aanvangskolwer in toetse en eendagkrieket en was al ’n wedstrydwenner op nr. 3 in T20-wedstryde,” sê Jono Leaf-Wright, die uitvoerende hoof van die Gauteng Lions-unie. ?

“Hy is die vierde voorste lopiemaker in T20-krieket naas Gayle, Brendon McCullum en Kieron Pollard en is ook ’n goeie T20-draaier.”

Donovan Miller, die Stars se hoofafrigter, is opgewonde om Malik se veelsydigheid in te span.

“Ek het saam met hom gewerk in die Kanadese T20-liga. Hy is uiteraard een van die beste middelorde-kolwers in dié formaat. Hy is ook ’n goeie leier.”

Die 37-jarige Malik sê hy sien uit om vir die eerste keer in sy loopbaan plaaslike krieket in Suid-Afrika te speel.

Meer oor:  Shoaib Malik  |  Mzansi-Superliga  |  Chris Gayle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.