Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Kallis, Smith speel weer krieket . . . op ys!

Graeme Smith en Jacques Kallis, twee van die grootste Protea-krieketspelers van alle tye, gaan op 8 en 9 Februarie in Switserland aan die St. Moritz Yskrieket-fees deelneem.

Só lyk krieket op ys.Foto: Dhaka Tribune

Dié duo gaan saam met ’n rits wêreldsterre soos Shahid Afridi, Shoaib Akhtar, Abdul Razzaq (almal Pakistan), Virender Sehwag, Mohammed Kaif (albei Indië), Mahela Jayawardene, Lasith Malinga (albei Sri Lanka), Daniel Vettori, Nathan McCullum, Grant Elliot (almal Nieu-Seeland), Monty Panesar en Owais Shah (albei Engeland) en Dwyane Bravo (Windies) in aksie wees.

Die sterre sal in twee spanne, Badrutt’s Palace Diamonds en die Royals, en in twee wedstryde teen mekaar meeding met die Switserse berge in die agtergrond.

Die wedstryde gaan op ’n matkolfblad gespeel word, terwyl die buiteveld met sneeu bedek is.

Die wedstryde word op ’n gevriesde dam gespeel. Dik sneeuval verseker dat die oppervlakte tot 200 ton se gewig kan dra.

Jacques Kallis en Graeme Smith vroeër vanjaar by die bekendstelling van die T20 Global League.Foto: Gallo Images

Die spelers sal ’n rooi bal gebruik en met tradisionele kriekettoerusting speel, maar hulle sal gewone sportskoene dra en nie spykerskoene nie.

Die skouspel is die breinkind van Vijay Singh, die uitvoerende hoof van VJ Sports en Akhilesh Bahuguna, die direkteur van die maatskappy All Spheres.

Die organiseerders het goedkeuring van die Internasionale Krieketraad gekry om die naweek te reël.

“Jacques weet nie wat om te verwag nie, want hy het nog nooit op ys en sneeu gespeel nie. Hy sien regtig baie daarna uit. Dit lyk na ’n ongelooflike plek, maar die spelers sal beslis baadjies nodig hê, veral wanneer hulle veldwerk doen,” het Dave Rundle, Kallis se agent, aan Tinus van Staden gesê.

Smith is ook opgewonde om in Switserland te speel.

“Ek hoop dit is ’n reusesukses. Daar is verskeie uitstekende krieketspelers wat gaan deelneem. Ek het teen al daardie ouens in internasionale krieket gespeel,” het Smith volgens Cricketcountry.com gesê.

“Dit gaan lekker wees om tyd saam met al die spelers deur te bring en goeie krieket te speel.”

Singh sê hulle sien daarna uit om al die bekende spelers te verwelkom.

“Almal onthou die naelbytwedstryde waarin Virender Sehwag teen spelers soos Dwayne Bravo en Abdul Razzaq te staan gekom het. Ons wil ’n stukkie geskiedenis herontwerp en ons is ongelooflik opgewonde om al hierdie legendariese spelers hier te sien,” sê Singh.

Benewens die twee wedstryde sal die spelers ook ’n toer van die besienswaardighede in die gebied onderneem. – Sportredaksie, Times of India

Meer oor:  Graeme Smith  |  Switserland  |  Jacques Kallis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.