Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Jacques Kallis se uittrede ry Proteas nog
Chris Morris / Foto: Getty Images

Ai, wat sou die Proteas gee om ’n jong Jacques Kallis weer in hul span te kon hê.

Dit was een van die gevolgtrekkings ná Sondagoggend se nederlaag teen Australië in die driehoekige krieketreeks in die Karibiese Eilande.

Suid-Afrika sukkel sedert Kallis se uittrede amper twee jaar gelede met die balans van sy span. Daar is eers probeer om die kolfwerk te versterk deur net vier spesialis-boulers te kies en dan van Farhaan Behardien en JP Duminy gebruik te maak om die vyfde bouler se boulbeurte af te stuur.

Dit het nie juis gewerk nie en die Proteas het die laaste ruk vyf spesialis-boulers gekies, maar dan is die kolflys nie naastenby lank genoeg nie.

’n Ineenstorting soos Sondagoggend, waar Suid-Afrika sy laaste 7 paaltjies vir 42 lopies verloor het, is dan die gevolg.

Die probleem is dat Kallis – basies twee spelers in een – sonder gelyke was.

Dit is egter nie ’n verskoning vir die gebrek aan veelsydige spelers in die span nie.

Ja, Chris Morris én Wayne Parnell speel tans goeie krieket, maar hulle oortuig nie heeltemal nie. Daar is steeds vrae oor Morris se vermoë met die bal, terwyl Parnell uitstekend boul, maar nie bestendig genoeg met die kolf is nie.

Kyk na ’n speler soos James Faulkner, wat Sondag op nr. 8 vir Australië gekolf het. In sy 51 eendagwedstryde vir Australië handhaaf hy ’n kolfgemiddelde van 39.72 teen ’n treftempo van 111.76. Hy is dan ook ’n uitstekende bouler wat gereeld aan die einde van ’n kolfbeurt boul. Morris het in teenstelling ’n kolfgemiddelde van 17.50 en Parnell s’n is 21.00.

’n Oplossing vir die Proteas is dalk om sowel Parnell as Morris te kies en een van die ander boulers weg te laat.

Met Morris op nr. 7 en Parnell op nr. 8 kan die Proteas hul kolflys verleng sonder om die getal boulers te verminder.

Dit sal dalk onregverdig wees teenoor boulers soos Kyle Abbott of Aaron Phangiso, wat tans baie goed boul.

Dié gesukkel met die balans van die span is egter van so ’n aard dat die breintrust ’n moeilike besluit sal moet neem.

Australië en die Windies was oornag op St. Kitts slaags in die vyfde kragmeting van die reeks.

  • Dawid Malan (28), ’n oud-leerling van die Hoër Jongen­skool Paarl, is in Engeland se T20-groep vir die reeks teen Sri Lanka ingesluit.

Malan het in 2006 sy senior debuut vir die Boland gemaak.

Meer oor:  Jacques Kallis  |  Proteas  |  Australië
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.